Onnies kry 'n "Creamy Dip"
As deel van die "beloning" vir almal se harde werk met die fondsinsameling vir die OK Foods Trolley Run, kon leerders op Maandag, 29 Augustus toekyk hoe onderwysers met roomterte besmeer word! Dit was 'n prettige affêre toe onderwysers in elke Graad hul mede-kollegas kon bykom met roomterte, terwyl leerders elke oomblik geniet het. Mnr Doyle is ook in room gedoop ter viering van hierdie groot fondsinsameling.
'n Hartlike en groot dankie aan elke ouer, voog, familielid, vriend of ondersteuner van Laerskool Gansbaai - u klein bydrae maak dit moontlik om ons leerders toe te rus vir 'n beter leer- en ontwikkelingservaring by Laerskool Gansbaai.
'n Spesiale DANKIE aan OK Foods vir die aanbieding van hierdie jaarlikse "Trolley Run", wat 'n hoogtepunt op ons skoolkalender is. ONS WAARDEER U!

