Eksklusiewe reeks oor ons Geografiese Wonders
-Mike Dormer van Franskraal-
Mike Dormer van Franskraal en sy eggenote, Elaine het die onlangse Sunset Walk van Gansbaai Toerisme meegemaak. Hy is vooraf deur Glenda Kittley (Bestuurder: Gansbaai Toerisme) versoek om sy fenominale kennis oor geologie (rotsformasies en dies meer) met die groep tydens die stap te deel. (Sien berig: Sunset Walk uitstekend ondersteun op bladsy ??)
Na afloop van die Sunset Walk is Mike deur Gans-Berg Nuus genader vir ‘n media-onderhoud, waartoe hy ingestem het. Tydens die onderhoud het hy met fenominale geologie-inligting vorendag gekom. Dit het aanleiding gegee tot die versoek dat hy behulpsaam moet wees met ‘n reeks van geologie-berigte, waartoe hy ook ingestem het. Selfs lesers met weinig kennis van geologie, maar wel ‘n belangstelling daarin, sal die reeks baie interessant vind en beslis met ander oë om hulle kyk wanneer hulle weer kuslangs stap.

’n Goeie voorbeeld is die gebarste rotsbanke (sien foto) by Die Plaat. Mike sê dit is te wyte aan die volgende:


“The undermining of the cliff face by the sea. This happens more rapidly in times of stormy seas. The base of the cliff is eroded and the overhang then falls into the sea. One wave too many, or the weight of one person can be the hair which breaks the Camel’s back and thousands of tons of semi-consolidated dune material will go crashing down to the sea below. More rarely, there is a form of liquefaction of the sand at the base of the cliff, something like a ‘quicksand’ effect, where the base of the cliff sinks away and the rest topples over. However, I don’t think this is the case at The Plaat.”
Mike vertel dat sy pa by die mynbou betrokke was en dat hy maar oral saamgetrek het. Later het aardverskuiwingstoerusting deel van Mike se beroep geword, waar hy by verskeie myne gewerk het. “Ongeag my in-diepte kennis van geologie en intense belangstelling daarin, beskik ek nie oor kwalifikasies op hierdie beroepsvlak nie,” vertel Mike. Luister ‘n mens verder na hom, is hierdie ‘n uiters beskeie stelling. Onder andere was hy voorheen ‘n lid van die Geological Society of South Africa, asook van FOSAGAMS (Federation of South Africa Gems and Minerals Society).
Tans in hy ‘n lid van die Overberg Geoscientists Group in Hermanus. Die groep bestaan uit sowat 64 plaaslike lede en sowat 120 internasionele lede. Hulle is besig met die volgende projekte, plus nog heelwat geïdentifiseerde projekte wat in die toekoms aangepak gaan word, soos onder andere:
Gansbaai Earth age display and rock garden; Hermanus cliff walk guide booklet; Hemel en Aarde Valley wine terroir guide booklet; Pebbles school support; Hamilton Russel Pre-school support; Dinosaur play park; HPG geo trail and rock garden; Clarence self-drive guide booklet; Bettys Bay self-guide booklet; Hermanus water trail and hydrology self-guide booklet; Weekly Zoom meetings of Geological interest and placing them on YouTube for the general public to follow.
“Ons wil graag belangstelling in geologie by mense kweek, maar veral by jongmense om dit as ‘n beroep te oorweeg,” sê Mike. “Kundige geoloë in ons land is baie skaars, terwyl Suid-Afrika inderwaarheid ‘n skatkis vir geoloë is.” Hy sê, volgens Paul Miller (‘n mynwese-deskundige) is daar tans ±5 000 aansoeke vir prospekteer- en mynregte wat by die DRME lê. Die potensiaal vir ontginning is dus daar vir mynwese om op groot skaal te kan voortgaan - daarvoor word onder andere jong gekwalifiseerde geoloë benodig.
Ons lesers kan ongetwyfeld uitsien na ‘n baie interessante reeks - ons is baie lief vir ons fynbos en mariene lewe, maar kyk soms verby die geologiese ‘wonders’ reg onder ons neuse. In die reeks gaan Mike ons lesers hieromtrent inlig met eenvoudige, maar interessante verduidelikings. Die omgewing se leerders kan gerus ook aandag aan die reeks gee met die oog op moontlike skoolopdragte, asook gereelde wenke rakende rotsformasies en ander geologiese aspekte wat geplaas sal word.