
Seastars Triomfeer as Liga Wenners
Seastars Netbalspan is 2022 se Eerste Liga Wenners - baie geluk aan die span!
Die span het vanjaar behoorlik skouer aan die wiel gesit en bo aan die ‘log’ van hulle afdeling geëindig. Hulle is baie trots op hierdie prestasies en hoop om die nuwe seisoen weer op ‘n hoë noot af te skop soos wat hulle geëindig het.
Nuwe en jonger bloed, gepaardgaande met ‘n uitstekende onderlinge spangees, het hulle vanjaar floreer op die netbalbane. Belangstellendes in netbal word hartlik genooi om by ons te kom aansluit. Hulle Spankaptein, Adel Klotz, se leuse is: “Een vir almal, almal vir een!”
Hulle spog daarmee dat hulle hard saamwerk, maar dat hulle nóg harder saamlag! “Ons bou goeie verhoudinge en smee vriendskapsbande wat goud werd is,” sê Adel. “Ek is trots op die span en my beker loop oor van dankbaarheid!” Die klub se trotse lede het verlede jaar hulle 10de bestaansjaar gevier en voel tevrede dat hulle net van krag tot krag gegroei het.
Vir navrae kan Adel Klotz (spankaptein) by 082 908 9356 geskakel word, of kontak hulle korrespondend, Natasha Julies, by 073 817 5505.