Laat ons net eers praat oor die hengel self. Die weer en die water was van so ‘n aard dat daar geen standvastigheid was met die vangery self nie. Watertemperature wat wissel van baie koud tot baster kookpunt het nie gehelp nie. Teen die naweek het dit anders begin lyk en mooi vangste kabeljou is veral deur die stokmanne gemaak -- visse van so 10 kilo is mos nie te versmaai nie. Die Gruis en ook Haaiklip was baie gewild. Eldo Marais met sy amperbootjie en drie vroue-“crew” het by Platjieskraal heel goed met die kabeljoue gevaar. Dit lyk asof daar die res van die week byna geen wind gaan wees nie en dan kan mens mos in amper normale water jou ding doen! Volgende week mag anders wees en dan gesels ons weer. Kreef het in die koue water weer gesig gewys.
Die ou wat ‘n boot besit, op ‘n gereelde grondslag wil gaan visvang, en beplan om ‘n “crew” daarby te betrek, moet aan ‘n paar sake aandag skenk. Daar is sekere vereistes waaraan beide die skipper en sy bemanning moet voldoen om die boot sinvol op die water te bedryf.
Laat daar eers ‘n onderskeid getref word tussen ‘n kommersiële opset en dié van ‘n sport- en ontspanningboot. Dat daar vir gewin (of oorlewing, sal hulle benadruk) op ‘n kommersiële boot gevang word, plaas ‘n ander konnotasie daarop, want dit word meer soos ‘n besigheid bedryf. Alle skippers benodig kennis, uiteindelik ervaring, vaardigheid, verantwoordelikheid, en die vereiste om met mense oor die weg te kom. Terwyl die kommersiële manne daar is om ‘n verdienste uit die vangste te bewerkstellig, is die werksverhouding ook meer professioneel. Ook in hulle geval moet natuurlik gestreef word om die eenheid so saam te snoer dat daar steeds ‘n aangename verhouding is. Dit kos deurdruk!
Die sport- en ontspanning-skipper, wat ook moet beskik oor bogenoemde kwalifikasies, se reëls en regulasies is nie so omvattend soos dié van die kommersiële manne nie. Indien hy egter sy bemanning wil behou en op goeie voet met hulle wil bly, behels dit steeds oordeelkundig werk en aanpas.
Ons behandel nie vandag die ou wat sy boot slegs by uitsonderlike geleenthede gebruik nie -- hy sal in elk geval nie oor hierdie fasette bekommerd wees nie.
Wil jy gereeld uitgaan met ‘n vaste “crew” en gelukkig wees met die resultaat, kos dit kophou. Lojaliteit en die vermoë om aan te pas by die gebruike en gewoontes by ‘n spesifieke boot, beide by die skipper en sy bemanning is baie noodsaaklik. Onthou dat niks ‘n bemanningslid (wel, daar behoort nie te wees nie!) bind om deel van enige “crew” te wees nie. Die samewerking en vriendskap word oor tyd opgebou en na waarde geskat. Eers wanneer jy ‘n groepie mense het wat saam die see, hengel, én die geselskap geniet kan jy, as skipper, ontspan.
Daar is nog baie oorwegings om in gedagte te hou -- geldsake, verpligtings, gewoontes, gelofies, noem maar op. Indien hierdie legstukke inmekaar pas is daar niks so aangenaams soos hierdie boot en sy “mense” nie. Die trots by hulle is dadelik waarneembaar en dit is beslis die moeite werd!
Voorspoed. Seemeeu
n Boot en sy mense
24 January 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Final First Thursdays for 2022!
This time next week we'll be setting up for our final "First Thursdays" for 2022!
12 + 13 December 2022: Space Agency Holiday Programme
Are you looking for fun and educational activities for your kids during the holiday?
Daily Blog: 22 November 2022 | Shark Cage Diving in South Africa
"Great experience, awesome crew. Would recommend!" - Charlane