Ilse Se Kerrie Afval Resep
• 500g Skaap Kookvleis
• 2 Uie (grof gekap)
SOUS:
• 2 e Matige Kerrie
• 1 e Masala
• 250ml Bruin Asyn
• 250ml Suiker
• 250ml Water
• 1 t Allspice
• 1 t Koljander
• 1/2 t Fyn Naeltjies
• 1/2 Kaneel
• 1/2 t Gemmer
• 4 Aartappels (geskil en in groot blokkies gesny)
1. Laat die skoon afvalle oornag week in water en witasyn mengsel. 2 lt water en 500ml asyn.
2. Sny die pens in repies van so 2cm.
3. Pak pens en pootjies in groot casserole saam met die uie en skaapvleis.
4. Meng al die bestanddele van die sous en giet oor. Meng deur.
5. Maak toe en sit in oond op 150C vir 4 ure.
6. Sit aartappels by en bak verdere minimum van 1 en half uur voor ete. Hoe langer hoe beter. Verdik sous met Maizena net voor opdiening so dik soos jy dit wil he.
7. Bedien met rys.
Groot en skoon afvalle beskikbaar by LaBoucherie.
Vir meer inligting, kontak LaBoucherie.