Collin Olivier was sinoniem met Danger Point Vuurtoring

Collin Olivier was sinoniem met Danger Point Vuurtoring

Gans-Berg Nuus / News

Collin Olivier was sinoniem met Danger Point Vuurtoring

image left

Danger Point se bekende vuurtoringwagter, Collin Olivier, is op 5 April 2022 na 'n ernstige hartaanval oorlede, sowat 2 jaar ná sy aftrede in 2020. Die naam Collin Olivier en Danger Point Vuurtoring was vir meeste inwoners in die omgewing onafskeidbaar van mekaar. “Na Collin se aftrede het ons na ons woning in Mount Pleasant, Hermanus verhuis,” vertel sy eggenote, Angela.

Collin is op 15 November 1957 in Struisbaai gebore. Hy het in 1985 diens as vuurtoringwagter by Danger Point aanvaar. Daar was hy vir 'n 'leeftyd', sowat 35 jaar, elke dag getrou op sy pos. Twee jaar later is Collin met Angela op 31 Oktober 1987 in die huwelik bevestig. “Nee, ons het geen kinders gehad nie,” vertel Angela. “Collin se twee hondjies was sy dogtertjies wat hy verskriklik baie bederf het.”

“Die lewe by die vuurtoring saam met Collin was maar soms baie eensaam, maar dit het ook gemaak dat ons baie nader aan mekaar gegroei het,” het Angela aan die Gans-Berg Nuus vertel. “Ek het al die jare saam met hom daar gewoon en gedurende hierdie jare het ons baie van die vuurtoring en die see geleer.”

Baie inwoners en besoekers sal onthou dat Collin altyd met trots oor die vuurtoring en die Gansbaai-kus, waarvoor hy 'n heilige respek gehad het, gepraat het. “Dit is in my bloed om 'n vuurtoringwagter te wees. My pa het ook vir 13 jaar by 'n vuurtoring gewerk - so ek is al heeltemal gewoond aan dié soort lewe,” het Collin destyds aan die onderhoudvoerder vir die skryf van die geskiedenisboek, Gansbaai - 'n Besonderse streek en sy mense deur Jan en SD Fourie, gesê.

Collin het altyd vertel dat 'n mens snaakse dinge op see sien. Soms neem die eensaamheid maar oor, maar jy besef deurentyd dat jy dikwels die middelman tussen skepe en hul redding is. In sy geval het Collin daagliks die 99 trappies na bo geklim om te sorg dat alles daarbo in orde is. Hy het oor talle skepe gewaak wat verbyvaar en ook gesorg dat olie-stortings in die area betyds aangemeld word.

“Collin en Angela was baie spesiale vriende van my,” vertel Mariaan Burger van Franskraal. “Ek onthou ook hoe gereeld hy bereid was om die vuurtoring op Saterdae spesiaal vir my oop te sluit om volwasse groepe, asook skoolgroepe, te laat binnekom om kennis rakende die vuurtoring op te doen.”

Angela vertel dat hulle gelukkig was ná Collin se aftrede. “Sy onverwagse dood was 'n groot skok, maar ek is dankbaar vir 'n mooi lewe wat ek saam met hom gehad het,” het sy gesê.

 
Hardus Botha
Collin Olivier was sinoniem met Danger Point Vuurtoring

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters

Compulsory re-programming of pre-paid electri...

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers Nadink 

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers ...

Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...