Blog

Van 'Kwaailappies' na 'Pikkie' vir Boothengel

Van 'Kwaailappies' na 'Pikkie' vir Boothengel

Gans-Berg Nuus / News

Van 'Kwaailappies' na 'Pikkie' vir Boothengel

-Albert Potgieter, alias Seemeeu-

Gans-Berg Nuus se voormalige en gereelde skrywer van die hengelrubriek, Seedinge (voorheen onder die skuilnaam, Seemeeu), Albert Potgieter (80), het wel verlede jaar sy 'hengelpen' neergelê, maar beslis nie sy liefde vir boothengel nie.

“Na baie jare van meestal groot bote, het ek onlangs besluit om af te skaal en het ek my boot, Kwaailappies II, verkoop en vir Pikkie (die naam spreek vanself!) aan die begin van April 2022 aangeskaf,” vertel Albert. Hy sê dat hy weet hy sal moet aanpas, want die bootjie is nie geskik vir wilde water nie. “Ek het al die nodige toerusting bekom en geïnstalleer en gaan met groot vertroue weer see toe - hoogtyd ook!”

“Ek sal noodgedwonge die ideale dae en weersomstandighede moet gebruik, maar ek voel baie geseënd om wel nog see toe te kan gaan,” het hy gesê. Hy het na 'n goeie Engelse gesegde verwys: “The proof is in the pudding!”

Oor Pikkie het Albert homself duidelik uitgedruk: “Pikkie is nié 'n 'amperbootjie' nie, hulle is 3.3m bootjies en Pikkie is 3.5m en ek is gemagtig om 1km see-in te vaar.”

Nadat Albert verlede jaar met die hengelrubriek opgehou het, het hy daarna nog 'n reeks van Seedinge-herhalings vir publisering beskikbaargestel. “Ek sal nooit genoeg van die wondere van die see kry nie, juis omdat ek daar al soveel lewenswysheid ervaar het,” het Albert destyds aan die Gans-Berg Nuus gesê. “Maar my liefde vir die see loop hand aan hand met die nodige respek daarvoor, asook die versekerde wete in my dat daar 'n Skepper is terwyl jy op see is.”

Albert se bekende en geliefde bote, Kwaailappies I en II, was alombekend. Hy wou voorheen ook na 'n kleiner boot oorskakel en het vir Pikkenien aangeskaf. Maar vir die 80-jarige Albert was Pikkenien te klein en hy koop toe weer 'n groter boot, Shiloh. Nou het hy finaal besluit dit is ernstig tyd om af te skaal en berus hom nou by sy 3.5m Pikkie!... en wat sê sy geliefde (en geduldige!) eggenote, Marie oor die nuwigheid? “Ek gooi net my hande in die lug - sy liefde vir boothengel sal eers ophou die dag wanneer hy nie meer regop kan staan nie!”

 
Hardus Botha
 
Van 'Kwaailappies' na 'Pikkie' vir Boothengel

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters

Compulsory re-programming of pre-paid electri...

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers Nadink 

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers ...

Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...