Blog

Historiese ‘1st Thursday’ vir Gansbaai

Historiese ‘1st Thursday’ vir Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Image

Historiese ‘1st Thursday’ vir Gansbaai

Die sogenaamde ‘1st Thursday’, elke drie maande, is ‘n geruime tyd voor Covid-19 deur die Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Annelie Rabie ingestel. Dit het ten doel om inwoners geleentheid te bied om letterlik enige vrae oor munisipale dienslewering te stel. 

Kort vóór die uitbreek van die pandemie, is ‘1st Thursday’-dae in Hermanus en Kleinmond aangebied. Die pandemie het die aanbieding in Gansbaai verhoed. Gansbaai se ‘geskiedkundige’ eerste dag het op Donderdag, 5 Mei 2022 in die Toerismekantoor plaasgevind. Die byeenkoms is goed deur inwoners met vrae bygewoon en geen vooraf besprekings was nodig nie. 

Die Burgemeester en haar span deskundiges het hulself ordelik in onderskeie groepe, volgens die verskillende Direktorate, verdeel. Dit het meegebring dat vrae deur inwoners direk aan die spesifieke Direktoraat-hoofde gestel kon word. Dr Rabie het elkeen van haar bestuurders, asook politici, persoonlik aan die besoekers voorgestel. “Op hierdie wyse kan ons eerstehands uitvind waar ons as munisipaliteit kan verbeter en ook om ons ekonomie en dienste te kan uitbrei,” het sy gesê. “Dit is ook die ideale geleentheid vir inwoners om direk kontak te maak met die politici, asook administratiewe-hoofde.”

Foto 1 (Regs): Raadsdame Riana de Coning, Raadsdame Annelie Rabie (Burgemeester), Dianne Galant
en die Munisipale Bestuurder, Dean O’Neill.
Foto 2 (Bo): Van die politieke verteenwoordigers in ‘n gemoedelike stemming.

 
Hardus Botha
Historiese ‘1st Thursday’ vir Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters

Compulsory re-programming of pre-paid electri...

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers Nadink 

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers ...

Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...