Blog

Albert Potgieter: Nou besef ek...

Albert Potgieter: Nou besef ek...

Gans-Berg Nuus / News

Albert Potgieter: Nou besef ek...

Nou die dag 80 jaar oud geword, en 81 sal binnekort sy opwagting maak! Die begrip oud het intussen vir my nuwe betekenis gekry en oud word lê vir my meer in die toekoms. Maar ouderdom het wel begrip gebring. Ek moet erken dat ek baie gelukkig by die see is en besef dat ek bevoorreg is. Boonop maak jy baie goeie vriende en indien jou vrou ook met jou is en julle saam gelukkig is, wat meer kan jy vra?

Familie? Dis hulle wat my jonk en dankbaar hou. Geseënd, dankie. Toe ek nog kind was het ek ‘n ouer persoon vereenselwig met die kenmerkende skuifelpassie en gepaardgaande gedrag. Ons is geleer om respek teenoor so ‘n persoon te betoon, wat ons wel gedoen het, maar ek het nooit gedurende daardie tyd daaraan gedink, behalwe vir die ooglopende ouderdom, waarom tyd veroorsaak dat iemand so reageer nie.

Deesdae is dit vir my duidelik dat ouderdom wel ‘n effek op jou liggaam het weens die feit dat sekere liggaamsdele òf ingee òf swakker word en nie toelaat dat jy ‘normaal’ kan reageer nie. Ek het nou meer begrip vir die gemelde skuifelpassie en kyk met ander oë daarna. Ek self moet maar vrede maak met ‘n onverwagse seer knie of een of ander skeet.

As kind was 50 jaar vir my al ‘oud’ en later moes ek al hoe meer jare byvoeg. Ek beskou my amper 81 jaar nie as oud nie - dié lê nog in die toekoms. Mens moet ook begrip hê vir wat die ouer persoon al in sy leeftyd deurgemaak het. Sport, byvoorbeeld, en ons weet almal hoe dit jou kan beïnvloed - maar dis ook iets wat vir baie mense aangename herinneringe inhou en dus die gevolg daarvan maar aanvaar. Natuurlik is siekte ook ‘n faktor.

Die Engelse gesegde ‘Act your age’, hoewel hier effens uit verband aangehaal, is iets waaraan ek nog nooit geglo het nie. Waarom moet jou ouderdom bepalend wees oor hoe jy moet leef? Elke persoon verskil mos en sommiges is op 90+ nog springlewendig terwyl ander op 60 al kapoet is.

Meeste mense wat al as bejaard beskou word, hoop ek sal met my menings saamstem, maar dis veral die jongeres wat ek wil laat verstaan waarom ouer mense soms so ‘anders’ is. Onthou ook, hoe ouer jy word, hoe vinniger vlieg die tyd verby. Ouderdom verdien respek, sommer een van die dae is jy self daar!

 
Naskrif deur Redakteur: 

Soos Albert op sy byna 81-jarige ouderdom hierbo sê, lê ‘oud’ vir hom steeds in die toekoms - as bewys daarvan gaan hy steeds gereeld see toe met sy jongste boot, Pikkie, en keer met mooi vangstes terug - hy laat ouderdom hom nie onderkry nie!

 
Albert Potgieter
 
Albert Potgieter: Nou besef ek...

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters

Compulsory re-programming of pre-paid electri...

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers Nadink 

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers ...

Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...