Blog

Fratsongeluk in Gansbaai

Fratsongeluk in Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Fratsongeluk in Gansbaai

Die bedrywighede in Kleinstraat, direk agter die polisiestasie, wat na groot chaos gelyk het, het behoorlik die koppe op Donderdag, 30 Junie 2022 laat draai. ‘n Munisipale vragmotor, waarop ‘n rubberboot gelaai was, het op sy sy in die straat gelê. ‘n Laaigraaf, hyskraan en ander swaar masjienerie het die vragmotor probeer regop kry.

Wetstoepassers het beslag gelê op ‘n rubberboot wat na Gansbaai SAPD vervoer is om geberg te word. Die sleepwa, waarop die boot was, het gebreek. ‘n Munisipale vragmotor is ontbied, waarop die boot gelaai is. By die polisiestasie se omheinde bergings-area agter die stasie aangekom, kon die boot nie sonder die sleepwa ingestoot word nie.

‘n Hyskraan is gebruik om die boot van die vragmotor af te lig en aan die anderkant van die heining te laat sak. Dis waar die probleem toe begin. Die staal stut-arms van die hyskraan het in die nat grond ingesak en die gewig was te veel - die gevolg was dat die vragmotor omgeval het en op sy sy beland het.

Dit was ‘n blote fratsongeluk, sonder enige beserings, wat aan geen nalatigheid toegeskryf kan word nie. Gansbaai SADP-lede was die wetstoepassers deurgaans behulpsaam.

Hardus Botha
 
Fratsongeluk in Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters

Compulsory re-programming of pre-paid electri...

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers Nadink 

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers ...

Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...