Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Mediclinic Hermanus is slaggereed om binnekort sy deure vir ‘n opgegradeerde, uitgebreide en familie-vriendelike Pediatriese Eenheid te open. Dit geld ook vir ‘n nuwe Neonatale Intensiewe Sorgeenheid (NICU). “Die langverwagte projek was in reaksie op die groeiende vraag na vernuwende mediese-sorg deur die Overberg-gemeenskap, wat self die afgelope jare geweldige groei ondervind het,” het Gerhard Joubert, Algemene Bestuurder tydens ‘n media-besoek aan Mediclinic Hermanus gesê.
Gans-Berg Nuus is vriendelik op Donderdag, 30 Junie 2022 vir ‘n media-toer deur die Pediatriese Eenheid ontvang. Gerhard is deur Cobé Grobler, Pasiënt Ervaringsbestuurder, bygestaan, wat ook die reëlings vir die media-besoek getref het. Tydens die geniet van verversings en koffie/tee in ‘n baie netjies ontvangsvertrek, is die joernaliste volledig deur Gerhard en Cobé ingelig. Die kindervriendelike geverfde mure skep ‘n rustige en ‘welkom’-atmosfeer wat mens sommer dadelik tuis laat voel. Na ‘n kort inligtingsessie, het ‘n insiggewende toer deur die eenheid gevolg.
Die opening van die NICU bied die versekering aan ouers dat, indien enigiets onverwags tydens die baba se geboorte sou plaasvind, soos ‘n onder andere ‘n vroeë aankoms, behoorlike mediese-sorg direk binne bereik is. Dit verseker ook die plaaslike gemeenskap van vinnige, doeltreffende en maklike toegang tot wêreldklasversorging vir kwesbare pasgebore babas, asook vir ouer kinders met gewone kinderinfeksies.
“Babas is ‘n kosbare geskenk aan ouers, daarom wil ons deel vorm van hierdie spesiale en unieke ervaring,” het dr Madelein Grobbelaar, Pediater by Mediclinic Hermanus, gesê. “Ons wil ook ons verwagtende moeders en die pappas verseker dat die NICU deeglik toegerus is vir enige mediese noodgevalle en spesialissorg.”
Die kindervriendelike omgewing word ondersteun deur ervare en vriendelike chirurge en verpleegpersoneel. Sodoende kan pasiënte professioneel op ‘n pad na herstel geplaas word, met die doel om hulle so gou moontlik na hul onderskeie huise te laat terugkeer. “As gevolg van kinders se dikwels swakker en sensitiewe immuunstelsels, kan hulle ‘n risiko loop vir eenvoudige dinge soos uiterste koors of selfs dehidrasie. “Nou kan ons die ouers akkommodeer wat by hul kinders wil oornag, aangesien ons glo dat siek kinders die ouers se ondersteuning benodig om die trauma van hospitalisasie te verminder,” het dr Elna Gibson, nog ‘n Pediater by Mediclinic Hermanus, verduidelik. ‘n Gemakstoel, wat in geheel platgevou kan word, dien as ‘n enkelbed vir ‘n ouer wat wil oornag. Cobé het gemeld dat beddegoed in sodangie gevalle verskaf sal word.
“Ons Noodsentrum is in staat om die gemeenskap 24/7 met enige mediese noodgeval by te staan,” het Cobé gesê. Vir navrae kan Cobé Grobler by 028 313 0168 gekontak word, of stuur ‘n epos aan haar by cobe.grobler@mediclinic.co.za.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreIkamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.
Tristan Roberts doen dit weer!
Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.
Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.
Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...