Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
“Ek het baie uitgesien na die amptelike bekendstelling van my eerste Gospel CD, ‘God is op die Troon’, in Gansbaai Primêr se skoolsaal,” vertel Eliza Felix. “Vir my was dit ‘n hoogtepunt en ook ‘n droom wat verwesentlik is.” Sy is ook vol lof vir haar eggenoot, Andreas Felix vir sy volgehoue ondersteuning en aanmoediging.
Dit was behoorlik ‘n prestige funksie in die skoolsaal, ingesluit ‘n lewendige orkes wat die gaste kon vermaak. Al wat ‘n jongmens, tannie of oom was, was spoggerig vir die spesiale geleentheid geklee - hulle het behoorlik ‘uitgehang’ asof dit ‘n huweliksonthaal was! Eliza sê die orkes, Sean Swart van die Take Note Band, het uitstekend gevaar met haar liedjies wat hulle so pragtig aangebied het.
Eliza is ‘n gebore Gansbaaier en werk vir die afgelope 5 jaar as Assistent Bestuurder by Premier Fishing in die Protea Sentrum onder leiding van JP Coetzer. Voorheen was sy vir sowat 5 jaar ‘n baie bekende lid van Ikamva Jeugontwikkeling saam met Yolandé Sauls. Sy vertel dat sy gedurende daardie tyd baie lief vir die jeug geword het. “Daarom wil ek nou op jeuglede met sangtalente fokus om hulle te help en te oortuig dat hulle ook groot hoogtes kan bereik,” sê sy.
Eliza bedank graag haar familie, vriende, die orkes, gemeentelede en borge vir hulle ondersteuning om die aand suksesvol te kon aanbied. “Ek glo ek kan persoonlik ‘n verskil maak met my betrokkenheid by die jeug, asook in die beplanning van ons gemeente en kunstenaars vir ‘n volgende funksie.,” het Eliza gesê.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreIkamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.
Tristan Roberts doen dit weer!
Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.
Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.
Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...