Nuwe ‘toevoeging’ tot Gans-Berg Nuus: Heleen Greyling

Nuwe ‘toevoeging’ tot Gans-Berg Nuus: Heleen Greyling

Gans-Berg Nuus / News

Image

Nuwe ‘toevoeging’ tot Gans-Berg Nuus: Heleen Greyling

Daar is ‘n tyd om te groet en ‘n tyd om te verwelkom - gelukkig in Gans-Berg Nuus se geval is verwelkoming meer gereeld in die ‘nuus’ as groet. Met ons plaaslike, gemeenskapskoerant se groei gaan dit goed en die eienaar, Michelle van Zyl, het dit goedgedink om ‘n tweede Bemarker (Advert Representative), Heleen Greyling met ingang van 1 Augustus 2022 aan te stel.

Heleen (20) is ‘n volbloed Gansbaaier, alhoewel sy in Stanford gebore is. Haar laerskooljare deurloop sy in Laerskool Okkie Smuts, terwyl sy by haar pa, Johan Greyling gewoon het. Johan is ‘n bekende by Overberg Agri in Stanford, waar hy al sowat 28 jaar werk. Met Heleen se oorskakeling na haar hoërskoolloopbaan in Hermanus Hoërskool, het sy na Gansbaai verhuis waar sy by haar ma, Utresia van Vuuren kom woon het. Heleen matrikuleer aan die einde van 2020 en daarna het sy administratiewe en kantoorgebonde poste beklee.

Van ons dorp se ouer garde sal sekerlik Heleen se oupa Gert van Vuuren onthou. Hy het vir baie jare Gansbaai se Insleepdiens besit en bedryf. “Eintlik is bykans my hele familie Gansbaaiers, ingesluit my ouers se broers en susters,” vertel sy. Wat stokperdjies betref, vertel Heleen dat sy baie lief is vir teken en verf wanneer sy tyd kry, maar ook om vriende en familie se naels vir hulle te doen!

Vir die jong manne se inligting, die pragtige Heleen is nou wel nie getroud nie... maar haar geliefde ‘kêrel’ is Andries van Dyk. ‘Ongelukkig sien ek hom tans maar baie min,” vertel Heleen. Andries boer in North Dakota in die USA, wat aan Kanada grens. “Ek sal hom net Desembermaande vir ‘n maand of wat kan sien wanneer hy hier kom kuier!” 

“Ek is baie dankbaar vir die permanente werksgeleentheid wat ek gekry het,” vertel Heleen. “Ek is lief om met mense te werk en sien kans om nuwe uitdagings aan te pak.” Sy voel sy hoort hier en wil graag deel van die Gans-Berg Nuus se span wees.”

 
Hardus Botha
Nuwe ‘toevoeging’ tot Gans-Berg Nuus: Heleen Greyling

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters

Compulsory re-programming of pre-paid electri...

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers Nadink 

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers ...

Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...