Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Koppe van motorbestuurders en passasiers het Vrydag, 22 Julie 2022 behoorlik in die rigting van Gansbaai se polisiestasie gedraai. Reg voor die stasie was daar nie die gebruiklike polisievoertuie met misdadigers nie. Nee, daar was ‘n SAPD-stalletjie met sop en brood en tweedehandse klere!
“Dit is ons as polisie-beamptes se Mandeladag-uitreik na haweloses en minderbevoorregtes,” het Kapt Gerda Groenewald gesê. “Die brood en tweedehandse klere is alles deur SAPD-lede van die stasie geskenk en die sop is deur Kobus en Susan Bothma geskenk.” ‘n Tafel is sypaadjie toe gedra en die heerlike sop en gesmeerde (dik botter!) brood is daarop gesit. Langs die tafels is ‘n kombers oopgegooi en meer as genoeg tweedehandse klere, soos baadjies, broeke, hemde, rokke en dies meer is daarop uitgepak. Dit was ‘n gesamentlike uitreik-aksie van die Womens Network (Linda Apolisi) en Men for Change (Xa Peter).
Aanvanklik het dit gelyk asof die dorp nie werkloses of minderbevoorregtes het nie. Toe die nuus egter begin versprei, veral by Badisa se kantore, was daar geen keer meer nie. Susan moes bontstaan met die sopskeppery en by die klere moes gekyk word dat elkeen net een kledingstuk vat sodat almal kon kry. Die brood en sop was meer as genoeg - “Vat vir jou sommer twee stukke brood en jy kan nog sop kom kry, hoor?!” is gereeld gehoor.
Nouja, in plaas van moeilikheidmakers op pad selle toe, is daar breed op die sypaadjie voor Gansbaai SAPD se kantore geglimlag - met of sonder tande. Die sop en brood is terdeë geniet en daar is behoorlik onderling gespog oor die klere wat hulle uitgesoek en gekry het.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreIkamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.
Tristan Roberts doen dit weer!
Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.
Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.
Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...