Blog

Gansbaai het talent - kom wys dit net!

Gansbaai het talent - kom wys dit net!

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai het talent - kom wys dit net!

Gansbaaiers vanuit alle gemeenskappe het die afgelope tyd gulde geleentheid gehad om hulle talente te kom toon en lekker pryse te ontvang - en daar is steeds drie sulke geleenthede wat wag. Anneri Lambrechts van Johnny Rockets is al sedert 1 Julie 2022 besig met ‘n talente-kompetisie waar almal welkom is. Inskrywings vir die kompetisies is gratis, asook toegang tot die kompetisie-aande.

Die eerste en tweede kompetisie-aande op 1 en 29 Julie 2022 het reeds suksesvol plaasgevind, met baie pryse wat gewen is. “Hierdie is werklik ‘Fun-aande’ wat terdeë deur die deelnemers en toeskouers van al ons gemeenskappe geniet is,” vertel Anneri. Pryse vir elke Vrydagaand se kompetisie word direk na afloop van elke kompetisie-aand oorhandig. Die kombuis is elke Vrydagaand oop vir burgers en pizza’s.

Die volgende talent-aande op Vrydae is reeds beplan: 19 Augustus, 2 September en 30 September. Inskrywings sal oop bly tot na 30 September 2022. “Daarna sal die datums vir die semi-finaal en later die finaal bekendgemaak word,” het sy gesê. Johnny Rockets is oorkant Uilenkraalsmond Vakansieoord geleë. 

Tydens ‘n sop-en-sjerrie-aand by Johnny Rockets is die pragtige bedrag van R2 000 ingesamel. “Hierdie geld het ons gebruik om kruideniersware vir Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum te koop,” het Anneri gesê. Sy en haar kleinseun, Kayden Stevens (5) het die kruideniersware aan Suzanne Hans, Bestuurder gaan oorhandig. Kayden het breë bors van kamer tot kamer gestap en sjokolade aan die inwoners uitgedeel. “Mense besef nie altyd hoeveel selfs net ‘n klomp kruideniersware deur hulle waardeer word nie - elke bietjie stop ‘n gaatjie toe,” sê Anneri. “Ons wil ander besighede uitdaag om dieselfde te doen.”

Kom wys gerus jou talente en wen dalk ‘n prys! Belangstellendes vanuit alle gemeenskappe en selfs besoekers wat graag wil deelneem, kan vir Anneri Lambrechts by 073 318 2024 skakel, of stuur ‘n epos aan haar by annerilambrechts@yahoo.co.

 
Hardus Botha
Image 1
Anneri Lambrechts (links) en haar kleinkind, Kayden Stevens (5) met die oorhandiging van kruideniersware aan Suzanne Hans (regs).
Image 2
Kayden Stevens gee vir ‘oom’ David Moos sy sjokolade.
Image 3
Hier ontvang ‘tannie’ Cynthia Barnett haar sjokolade van Kayden Stevens.
Gansbaai het talent - kom wys dit net!

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters

Compulsory re-programming of pre-paid electri...

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers Nadink 

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers ...

Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...