Blog

Kerkorrel-vreugde ná 5 maande

Kerkorrel-vreugde ná 5 maande

Gans-Berg Nuus / News

Kerkorrel-vreugde ná 5 maande

Spreekwoordelike vreugdesvure het gedurende die naweek van 13-14 Augustus 2022 gebrand - Pikkie Louw (orrelis) kon weer agter die NG-gemeente se kerkorrel inskuif en die kerk met luisterryke orrelklanke vul.

Die herstel van die orrel is voorafgegaan met baie beplanning en finansiële keuses wat gemaak moes word - iewers moes R100 000+ vandaan gekry word. Verskeie opsies is oorweeg, maar die oorgrote stemme het by die herstel van die orrel ‘vasgesteek’. Die koorlede, onder leiding van Aletta Löchner, het saamgestaan, verskeie bedieningsaksies, gemeentelede, die gemeenskap van Groter Gansbaai en selfs vanaf elders, het almal betrokke geraak en, siedaar, Sondag, 14 Augustus 2022 is die orrel ‘ingewy’ - binne die bestek van letterlik enkele dae is meer as die herstelkoste van R100 000+ ingesamel - knapgedaan, knapgedaan!

Met Aletta Löchner en haar eggenoot, Hennie se puik organisering en harde werk saam met almal wat behulpsaam was, is die enorme bedrag slegs met drie pogings ingesamel: ‘n lootjielys, ‘n prestige aandete in die Pretoriussaal en ‘n veiling na die ete, asook skenkings en donasies.

Die uitstekende ete het uit ses soorte potjies bestaan: skaap, wildsvleis, beesstert, afval, hoender en kerrie-maalvleis, met ‘n keuse tussen kaboemielies of rys en ‘n lekker agterna-soetigheid. Jannie Botha het as die gladde-mond-afslaer homself uitstekend van sy taak gekwyt - praat van vinnig praat, mens! Duursame en pragtige skenkings is ontvang wat opgeveil kon word. Die wenner van die lootjielys was Annette le Roux - twee aande vir ‘n gesin by Goedereede Gastehuis buite Robertson. 

Wat die ete-geleentheid besonders gemaak het, was Danie Niehaus se gratis optrede - dié gewilde Afrikaanse sanger mag maar sing, dis nie altemit nie. Niemand kan kla oor die aantal liedere wat hy gesing het nie - gratis en verniet! “Ai-man, dankie Danie, lekker gewees!” Hy is ook gevra om by die lootjietrekking onder leiding van Hugo Carstens, betrokke te wees. Spesiale bedankings: Danie Niehaus, potjiekosse, skenkers, donateurs, harde werkers en baie meer - sonder ‘n ieder en ‘n elk sou hierdie projek nie met groot sukses afgesluit kon word nie.

Sondag, 14 Augustus 2022 het die ‘Groot Dag’ aangebreek. Pikkie Louw was weer ‘tuis’ agter die orrel in plaas van die klavier. Ds Hanri Joubert het die diens in ‘n volgepakte kerkgebou gelei, met Psalm 145 as teksgedeelte. Die kerkkoor, onder leiding van Aletta Löchner en Pikkie met orrelbegeleiding, het vir pragtige koorsang, asook vir gemeentesang gesorg. Laerskool Gansbaai se Senior en Junior kore onder leiding en begeleiding van Carla du Toit en Asanti Smit, het pragtig tot die oggend se verrigting bygedra - met spontane applous wat hulle ontvang het.

Pikkie! Pikkie! Jou afsluitingsuitvoering op die kerkorrel het met die louere weggestap, jy mág maar en ons waardeer jou Godgegewe talente: Mozart: ‘Alleluia’ from ‘Exsultate, jubilate’.

 
Hardus Botha
Kerkorrel-vreugde ná 5 maande

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters

Compulsory re-programming of pre-paid electri...

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers Nadink 

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers ...

Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...