LSG se Graham Stieger verruil Gansbaai vir Abu Dhabi

LSG se Graham Stieger verruil Gansbaai vir Abu Dhabi

Gans-Berg Nuus / News

Image

LSG se Graham Stieger verruil Gansbaai vir Abu Dhabi

Dit was ‘n moeilike besluit vir Graham Stieger van Laerskool Gansbaai en sy eggenote, Emeke van Masakhane Primary School gewees. Die besluit is egter geneem en die egpaar beoog om later saam met hulle kinders permanent in Abu Dahbi te gaan woon.

“Ek en Emeke gaan elke 4-maande hersien wat volgende gebeur, maar ons reël niks definitief op hierdie stadium nie,” vertel Graham. “Ek vlieg alleen en sal teen die einde van die jaar vir ‘n kort vakansie terugkeer, waarna die volgende besluit geneem sal word.” Graham sê hulle doen dit op hierdie wyse om nie hulle kinders op skool te ontwrig nie. Hulle dogter, Nel (15) is in Gr 10 en hulle seun, Stefan (14) is in Gr 8 in Hermanus Hoërskool.

Graham het in 2012 aanvanklik net vir ‘n jaar onderwys by Laerskool Gansbaai gegee. Kort voor COVID het hy in 2019 teruggekeer, maar maak nou op 31 Augustus 2022 finaal klaar. Laerskool Gansbaai se skoolhoof, Jonathan Doyle, het gesê: “Vir ons was dit onverwagse en hartseer nuus, maar ons wens hom alle voorspoed toe met sy nuwe avontuur - vir die Gansies is dit ‘n groot verlies en vir die Emirates ‘n groot wins.”

Graham vlieg op 2 of 3 September 2022 eers na Dubai. Daarvandaan vertrek hy na Abu Dhabi. Daar gaan hy Ekonomiese Bestuurswetenskappe aan Gr 5-7 leerders onderwys gee. Abu Dhabi is die hoofstad van die United Arab Emirate en is die tweede gewildste stad naas Dubai. “Ek beskou hierdie verandering in my lewe as ‘n groot uitdaging met nuwe horisonne,” het hy gesê.

“Ek wil graag my dank en waardering teenoor Laerskool Gansbaai oordra vir die geleentheid wat ek gehad het om in ‘n puik skool deel van die personeelkorps te kon wees,” het Graham gesê. “Vir my was dit ‘n groot voorreg!” Hy sê hy het ook groot waardering vir die stewige fondasie wat Laerskool Gansbaai vir Stefan en Nel gelê het. “Ons kon nie vir ‘n beter laerskool gevra het nie en ek sal altyd dankbaar daarvoor wees.” Graham sê Gansbaai se gemeenskap sal ook altyd ‘n spesiale plekkie in hul harte hê - die egpaar is al sowat 15 jaar deel van Gansbaai, met Emeke wat al vir 14 jaar by Maskahane Primary onderwys gee. “Ek gaan my Gansie-kiddies en my Gansie-familie ongelooflik baie mis! Met die woorde van Albert Einstein groet ek julle almal: ‘Verbeelding is baie belangriker as kennis, maar kennis gee vir ons mag!’

Sjoe, wat ‘n blitsige onderhoud met ‘n besige man wat alles voor sy vertrek na Abu Dhabi in orde moet kry - sommer so by een van Gansbaai OK Foods se kassierstoonbanke. (Dankie Chris van Rensburg, al het jy nie eers hiervan geweet nie!)

 
Hardus Botha
LSG se Graham Stieger verruil Gansbaai vir Abu Dhabi

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters

Compulsory re-programming of pre-paid electri...

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers Nadink 

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers ...

Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...