Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Hoe gemaak as jou huis baie hoog bo die grond uittroon en al wat ‘n leer is, is te kort? Dan maak ‘boer-‘n-plan’ en bou sy eie hysbak! “Selfs al het ek ‘n leer wat lank genoeg is, dan moet ek elke keer tot bo klim, ‘n klein stukkie werk doen en dan weer al die pad afklim om die leer aan te skuif, of ek moet van scaffolding gebruik maak, waarvan die op- en afslaan maar ‘n beslommernis is,” vertel Johan Eloff (67) van De Kelders.
Johan vertel dat hy sy hysstoestel self in die Kaap gebou het, ingesluit die gemotoriseerde bak wat soos ‘n hysbak op en af kan beweeg. Johan het nog ‘n stap verder gegaan en die handige hysstoestel so vervaardig dat dit van bo na onder kan ‘opvou’ - dus kon hy dit gerieflik met sy bakkie vanaf die Kaap hierheen sleep.
Johan en sy eggenote, ??????, is ook lede van die Birkenhead Boothengelklub waar sy praktiese ervaring soms handig te pas kom om met iets behulpsaam te wees. “Ons huis soos dit hier staan is deur myself, ??????? en ons kinders vanaf die fondasie gebou,” het Johan gesê. Nou-ja, nie elke gesin in geheel is só handig nie, maar waar ‘n wil is, is ‘n weg.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreIkamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.
Tristan Roberts doen dit weer!
Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.
Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.
Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...