Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
“Ons is ‘Girls Power’,” het Saskia van Zyl, met ‘n pure ‘Me Spiere-houding’ gesê! Dis nou met die geverwery van die binne-mure van Gans-Berg Nuus se kantoor op Saterdag, 10 September 2022. Die span dames het behoorlik baljaar met die verf, kwaste en rollers (maar ook hard gewerk!).
Michelle van Zyl (eienaar), Saskia van Zyl, Alethea Baytopp en Heleen Greyling het hulle goed van hulle taak gekwyt en mag maar enige tyd verfwerk aanpak, dit is nou nie altemit nie. Die joernalis kon ongelukkig nie help nie - iemand moet tog die foto’s neem en berigte skryf, nie waar nie?!
Die verwery het saamgeval met Gans-Berg Nuus se eie drukkers wat op dieselfde dag geïnstalleer en getoets is en waarmee hierdie uitgawe gedruk is. Ter viering van die drukkers het Anita Botha toe vinnig ‘n smaaklike sjokoladekoek gebak wat Maandag, 12 September 2022 afgelewer is en baie vinnig tot in die helfte verorber is.
Gans-Berg Nuus, oorkant die Poskantoor in die Protea Sentrum, se personeel voel werklik trots op hierdie prestasie van hul eie drukkers - natuurlik ook oor die nuut-geverfde binne-mure! Meegaande is enkele ‘before’-foto’s. Die ‘after’-foto’s sal in volgende week se uitgawe geplaas word, met onse dames wat dan ook heelwat skoner sal lyk!
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreIkamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.
Tristan Roberts doen dit weer!
Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.
Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.
Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...