Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Suid-Afrika se Liedjieboer, Anton Goosen van Gansbaai, het pas ‘n eksklusiewe reeks veldskoene saam met Vellie Boutique bekendgestel. “Anton se veldskoen-stories is net so deel van Afrikaans soos Gansbaai se see en braaibroodjies!” vertel Danelle Liebenberg van Starburst Promotions. “Terselfdertyd is Anton se musiek net so deel van die Afrikaanse kultuur soos melktert, braaivleis en koeksisters!”
Dit is dan ook die rede waarom hierdie legendariese Liedjieboer se naam en handelsmerk voortaan verbind word aan die nuwe reeks eksklusiewe veldskoene - die Jantjie Veldskoen - wat volgens Anton se unieke spesifikasies vervaardig is. Anton dra reeds sedert die tagtigerjare veldskoene tydens sy verhoogoptredes. Hy was nog altyd versot op hierdie gemaklike skoene. Hy het selfs van ’n paar wat hy by Karasburg Handelshuis in die destydse Suidwes-Afrika gekoop het, op die omslag van sy derde album, Liedjieboer, laat aanbring - dit was ’n 1980-skildery deur Hermien Spies.
Dié paar veldskoene, waarna hy vandag steeds nostalgies na verwys, was van koedoeleer gemaak - of, soos hy self vertel: “Dit was ’n koedoe voordat dit ’n skoen geword het!” Die paar skoene het destyds baie aandag getrek, aangesien die veters gebreek het terwyl hy met ‘n toer besig was. Sy oplossing vir dié probleem? Hy het die veters met wit elektriese draad vervang - dit was al wat hy in die hande kon kry!
Gehore het dié humoristiese staaltjie só geniet dat Anton dit deel van sy vertonings gemaak het en altyd daaroor gegrap het. “Die elektriese draadveters was ekstra-spesiaal omdat ek dit kon inprop om die “beat” van die musiek te kry!” Anton vertel dat dit dan ook hierdie storie is wat as inspirasie vir hom as musikant en liedjieskrywer se nuwe reeks veldskoene is.
Kobie Koen van Vonk Musiek beskryf die Jantjie Veldskoen as ‘n moderne veldskoen wat volgens ou, nostalgiese waardes vervaardig is. “Anton wou graag ’n nostalgiese ontwerp hê wat aansluit by die skoene wat hy op die skildery gedra het en daar is omtrent sewe rondtes veranderinge aangebring voordat die finale produk gereed was,” het Kobie gesê. “Dit is ’n lae-snit suéde, fyn leer, veldskoen wat gemaklik soos ’n pantoffel pas, maar modern genoeg is om aan die nuutste tendense te voldoen.”
Die naam van die reeks is deur Anton se treffer, Jantjie, wat in 1976 deur Sonja Herholdt opgeneem en bekendgemaak is, geïnspireer. “Jantjie kom al ’n baie lang pad saam met my. Hy het vir ons in Kroonstad gewerk en my ook geleer rook, melk en kitaar speel. Sy vrou was Katryntjie en sy kon die mooiste blommerangskikkings maak,” verklap Anton sy geheim waarom hy op dié naam besluit het. Hy sê daar is nog ‘n spesiale veldskoen in die pyplyn, dié keer vir vroue wat Katryntjie gaan heet. Meer veldskoensnitte word ook as deel van die Liedjieboerreeks van veldskoene beplan. Anton se Jantjie Veldskoen is aanlyn beskikbaar by www.vellieboutique.co.za.
Anton is ’n bekroonde musikant, regisseur en liedjieskrywer, met meer treffers op sy kerfstok as enige ander Suid-Afrikaner. Hy spog ook met meer as twintig topverkoper-albums en talle musiektoekennings. Anton het ook al die verhoog met die room van plaaslike kunstenaars gedeel en by al die groot musiekfeeste in die land opgetree. Hy word allerweë as ‘die vader van Afrikaanse rockmusiek’ beskou, wat die grondslag gelê het waarop baie suksesvolle musikante daarna kon bou.
Tans toer Anton die land deur om aan sy nuwe musiek te werk vir ‘n album wat hy in die nabye toekoms wil uitreik. “My Jantjie-Vellies is baie gemaklik. Ek dra dit non-stop vir die afgelope paar weke en dit is heerlik,” het Anton afgesluit.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreIkamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.
Tristan Roberts doen dit weer!
Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.
Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.
Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...