Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
“Rick Kuises was vir ons ‘n vriend, afrigter, oppervisser en skipper,” het Walter Mapham van die Walker Bay Boothengelklub in Hermanus gesê. Walter, wat ook ‘n lid van die Birkenhead Boothengelklub is, het ‘n interne kursus vir die maak van knope in die Birkenhead Bootklubsaal saam met hengelaars bygewoon - ‘n kursus wat spontaan en op eie inisiatief deur Rick aangebied is. Rick, bekend vir sy vriendeklikheid en beleefdheid, het die kursus ‘n maand of twee voor sy afsterwe op 6 Augustus 2022 aangebied.
Van die knope (alfabeties) wat Rick die hengelaars geleer het om te maak, is: Albright, Albright Special, Bimini Twist, Blood, Double Albright, Double Uni, Figure Eight, Hangmans, Scaffold, Surgeon’s en Uni. Die kursus is allerweë met groot verwagtinge bygewoon en niemand was teleurgesteld nie - “Ek het nie eers van sommige van hierdie knope en die name daarvan geweet nie en ek vang al baie jare vis,” het een van die groep aan Gans-Berg Nuus gesê.
Indien Rick kon voortgaan met die Birkenhead Boothengelklub se maandelikse kompetisies, was hy stewig op pad na óf Bootkampioen énóf Visvangkampioen vir 2022. Selfs na die onlangse boothengelkompetisie van 17 September 2022, was hy steeds 2de Bootkampioen en 3de Visvangkampioen op die lys met uitslae - dít terwyl sy puntestand tot stilstand gekom het ná sy afsterwe. Voorwaar ‘n boothengelaar wat nog lank onthou sal word, ook deur die Overberg Boothengelklub waar hy ook ‘n lid was. Rick was ook ‘n getroue en gesellige ondersteuner van die Birkenhead Boothengelklub se Woensdagaande se braai.
Dit is algemeen bekend dat Rick ‘n internasionale sakeman in die uitvoerbedryf was, maar sy grootste liefde was die see en om boothengel met sy ski-boot, @Work, voluit uit te leef én te geniet. Sy onverwagse afsterwe het ‘n baie groot leemte onder Gansbaai se sport-hengelaars gelaat.
Wanneer foto’s van mooi visse wat Rick gevang het, op die WhatsApp-groep geplaas word, is Rick gereeld deur Gans-Berg Nuus se joernalis geskakel: “Mag ek maar jou foto’s gebruik, Rick?” Die antwoord was altyd ‘n vriendelike “Ja, Hardus!” Op ‘n dag was sy antwoord: “Nee-wat, dis nie nodig om te skakel nie, gebruik dit net!”
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreIkamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.
Tristan Roberts doen dit weer!
Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.
Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.
Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...