Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Maandelikse boothengeldae is elke maand ‘n hoogtepunt vir die hengelaars van die Birkenhead Boothengelklub - maar as daar nie see toe gegaan kon word nie, word die maandeindfunksie beslis nie afgelas nie! Wie het dan nou mooi weer nodig om gesellig saam te kuier en te dans?
Die onlangse bootklubfunksie het, soos gewoonlik, gesellig afgeloop, met De Wet Gilliomee en Steve Muller wat ‘yslike steaks’ gebraai het wat behoorlik in die mond ‘gesmelt’ het. Staatmaker Elize Burger, wat saam met De Wet die klub se spyseriering behartig, het net so hard gesorg vir die heerlike bykomende disse.
In die agtergrond was Jan Lourens weer op sy stukke met sy Musiekfabriek vir voete-jeuk musiek tot laataand toe. Hengelpryse vir die hengelaars wat die funksie bygewoon het, is deur voorsitter Robbie Nelson oorhandig. Die gelukkige kaartjienommers wat getrek is, het ‘n bottel wyn aan drie eienaars besorg: Francelle Steyn, Colleen Kemm en Anita Botha. Daarna is daar net geëet, gekuier, gesels en gedans tot laataand toe.
Hengel-pryswenners: Voor - Johan Eloff, Danie du Toit (Jnr) en Robbie Nelson (oorhandiging). Agter - Danie du Toit (Snr), Terry Terblanche en Jan Louw.
Kosmakers: Elize Burger, De Wet Gilliomee en Steve Muller.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreIkamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.
Tristan Roberts doen dit weer!
Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.
Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.
Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...