Blog

SA Flaam Skou, Moreesburg

SA Flaam Skou, Moreesburg

Gans-Berg Nuus / News

SA Flaam Skou, Moreesburg

1ste en 2de plekke vir Japie Swart se spog-perde.

Japie Swart van Gansbaai mag maar spog met twee van sy prag-perde, Fliekman (hings) en My Lady (merrie) in sy stoet, Swart Surprise Stalle. Die perde is geteel uit die stoet, Okonjima, van ‘n ou en bekende Gansbaaier, Marius Kemm se top-teeling, Majoor.

Hierdie twee spog-perde van Japie het onlangs die 1ste en 2de plekke in die Suid-Afrikaanse Flaam Perdeskou in Moreesburg vir die beste in hulle klas ingepalm. Die perde is aanvanklik deur Bennie Klopper van Bredasdorp geleer en afgerig.

Wilhelm van Wyk van Ceres was tydens die skou baie beïndruk met Japie se twee perde. Hy het daar en dan ‘n aanbod van R100 000 aan Japie vir die perde gemaak. Na oorweging het Japie besluit om die aanbod te aanvaar. Die perde sal nou deel vorm van Wilhelm se stoet.

“Ek bedank graag die onderskeie rolspelers wat almal deel van hierdie proses was,” het Japie gesê.

 
Hardus Botha
 
SA Flaam Skou, Moreesburg

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters

Compulsory re-programming of pre-paid electri...

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers Nadink 

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers ...

Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...