Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
-‘Lighuis Drome’-
Die eerste en ook geskiedkundige Kultuuraand van Laerskool Gansbaai (LSG) op Vrydag, 21 Oktober 2022 het vir groot opwinding gesorg. Vroegaand is die Johan Smit Lokaal amptelik geopen (sien berig in hierdie uitgawe). Die hoogtepunt van die Kultuuraand was die aanbieding van ‘n luisterryke konsert, Lighuis Drome onder leiding van die organiseerders, Asanti Smit en Carla du Toit, in samewerking met Alana Louw.
Met die inisiatief vir ‘n Kultuuraand in gedagte, het Carla en Asanti koppe bymekaar gesit en kon LSG se eerste Kultuuraand aangebied word. Lighuis Drome het ‘n pragtige en humoristiese storielyn gehad wat deur Carla en Leandie Du Val geskryf is. Die Senior- en Junior Skoolkore het onder klavierbegeleiding van Asanti opgetree, met Carla as die dirigent.
“Hierdie twee mammas het letterlik in ‘n week, met maksimum ‘n uur per dag as gevolg van die eksamens, die konsert se formaat uitgewerk, voorbereidings getref en die leerders vir hulle onderskeie rolle afgerig, maar hulle het hulself oortref,” het Alana gesê. Daarna het sy ‘n blyk van waardering aan hulle oorhandig. Die tafels is pragtig versier en het bygedra tot die gesellige atmosfeer in die saal - die tema moes iets van Lighuis Drome weerspieël. Lena Cilliers het die tafels beoordeel en die wenner was Jaunene Otto, tafel no 12 se gasvrou.
Die aand het afgeskop met die twee skoolkore, gevolg deur Eisteddfod Cum Laude gedigte en solo-sang items, asook ‘n duet. ‘n Gimnas, klaviersolo, dansitem en dromspelertjie, afgewissel met die koorsang van altwee die kore, het die aand verder ingekleur en vir ‘n interessante verskeidenheid gesorg. Die bekende Poco Musica Musiekskool van Asanti se leerders het gewys waartoe hulle met musiek-instrumente in staat is. Die aanbieders van die aand was Riané Uys en Arnold Swart, met die aankondiger as Isabella Nigrini, almal leerders van LSG.
Die aand is afgesluit deur nog twee opwindende eerstes vir die skool - Asanti se Poco Musica Musiekskool Orkes, bestaande uit 16 van Laerskool Gansbaai se leerders, het ‘When the saints go marching in’ gespeel (klaviere, klawerborde, blokfluite, kitaar, autoharp, glockenspiel en perkussie instrumente). Die hoogtepunt van die aand was ongetwyfeld die massakoor van die skool wat Siyahamba in drie tale gesing het - die energie in die saal was tasbaar!
Bravo aan Asanti en Carla, asook alle ander rolspelers! Dit was beslis ‘n belegging in elke deelnemer en die gehoor se harte - ‘n besondere kultuur ervaring!
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreIkamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.
Tristan Roberts doen dit weer!
Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.
Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.
Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...