Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Die riooltenker het op Donderdagmiddag, 20 Oktober 2022 op my versoek my drein kom leegmaak. Een van die rioolspan se lede het kom rapporteer dat hulle sukkel om te suig. Ek het op daardie stadium ‘n kuiergas gehad en het eers die aand in die bed besef dat hier dalk groot probleme is.
Dit is hierdie tipe dinge wat ‘n enkelvrou laat wakker lê en die ou duiwel het my allerhande dinge deur die loop van die nag wysgemaak. My riooltenk, met die uitvloeipyp, is onder ‘n klomp kubieke meter sand begrawe en dit is slegs die koppelstuk wat aan die buitekant van ‘n gepakte retensie-muur uitsteek.
Ek het ek die Vrydagoggend die Riool en Tenker Afdeling by Gansbaai Munisipaliteit geskakel. Die altyd vriendelike operasionele klerk het geduldig na my dilemma geluister en onderneem om die Waarnemende Superintendent van hul Afdeling te versoek om ‘n inspeksie te kom doen om die probleem te identifiseer. Sy het my gewaarsku dat hulle met ‘n groot projek in Masakhane besig is en dat sy nie kan waarborg dat hulle wel spoedig by my gaan kan uitkom nie.
Die Waarnemende Superintendent en ‘n senior lid van ‘n rioolspan het nietemin nog dieselfde dag laatmiddag uitgekom. Hulle ondersoek het uitgewys dat die koppelstuk met ‘n stuk pyp afgebreek het. Aangesien die moontlikheid bestaan dat die pyp tydens die laaste suigproses van hul riooltenker kon gebreek het, het hulle sonder versuim aangebied om die gebreekte gedeelte saam met hulle te vat om te gaan bepaal of dit herstel kan word. Hulle het ook beloof om dit so gou as moontlik terug te bring. Dinsdagoggend vroeg was die koppelstuk terug op sy plek!
Hiermee wil ek graag my opregte dank en waardering teenoor die Munisipale werknemers vir hul uitstekende diens uitspreek.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreIkamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.
Tristan Roberts doen dit weer!
Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.
Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.
Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...