Blog

Laerskool Gansbaai: Gansmark vir Gesellige Samesyn

Laerskool Gansbaai: Gansmark vir Gesellige Samesyn

Gans-Berg Nuus / News

Laerskool Gansbaai: Gansmark vir Gesellige Samesyn

‘Kom geniet ‘n heerlike aandmark op die rugbyveld saam met jou gesin’, het die uitnodiging gelui - en dít is presies wat op Vrydagaand, 4 November 2022 vanaf 18:00 plaasgevind het!

“Laerskool Gansbaai se Gansmark het vanselfprekend ten doel gehad om noodsaaklike fondse vir die skool in te samel,” het Jonathan Doyle, skoolhoof, gesê, “maar die belangrikste vir ons was die broodnodige onderlinge verhoudinge en samesyn tussen ons leerders, personeellede, ouers en veral die breër gemeenskap.”

Met Gans-Berg Nuus se aankoms by die aandmark (stiptelik om 18:00) moes daar vir parkering in die dwarsstrate gesoek word en die rugbyveld het soos Nuweland met ‘n rugbytoets gelyk. Dat dié besonderse aand ‘n reuse sukses was, is nie te betwyfel nie, ondanks ‘n aanvanklike ligte motreëntjie wat neergesif het. 

Die netbalbane het soos by ‘n mallemeule (merrygoround) gelyk - speletjies en nogmaals speletjies. Wat mooi hiervan was, is dat die leerders in beheer van sake was en self die verskeidenheid van speletjies aangebied het. Nader aan die paviljoen was dit nie veel rustiger as op die netbalbane nie - kosstalletjies wat die monde laat water het: ‘slap chips’, hamburgers, boereworsrolle en pannekoek. Voor ons by die soetgoed uitkom - raai wie staan en wors braai dat die sweet hom aftap? Einste meneer die skoolhoof, Jonathan! Vir die soettande was daar lekkers, spookasem, draairoomys, koek en ‘hot chocolate’. Die koffie en tee was vir die ‘grootmense’, maar met die deurstappery het dit gelyk asof hulle meer op die ander eetgoed fokus as op ‘oumens’ drinkgoed.

In die restaurant-gedeelte het die boere-orkes vir voetejeuk-musiek gesorg - wat ‘n plesier was dit nie om na hierdie talentvolle musiekante te luister nie. Die afgelope tyd se uitstekende inisiatiewe deur Jonathan en sy personeelkorps, dui net op een ding: absolute op-en-wakker en doelgerigte pogings om van Laerskool Gansbaai ‘n nog meer uitmuntende laerskool te maak waarop leerders, ouers en die gemeenskap net baie trots kan wees. Gans-Berg Nuus sê groot dankie aan ons onderwysers en wat hulle vir die leerders doen en beteken.

 
Hardus Botha
Laerskool Gansbaai: Gansmark vir Gesellige Samesyn

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters

Compulsory re-programming of pre-paid electri...

Compulsory re-programming of pre-paid electricity meters for the worldwide TID rollover project impacting Overstrand customers.

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers Nadink 

Bedreigde Afrika Pikkewyn Laat Bietoubossers ...

Pinkey Ngewu van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die Bietoubosdames behoorlik aan haar lippe laat hang...