Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Twee neefs het Dinsdag in Hermanus se Landdroshof op 7 aanklagte van huisbraak verskyn. Die inbrake het in De Kelders in die Stirlingstraat omgewing voorgekom en Eben Adonis staan tereg op 5 klagtes terwyl Sell Adonis op 2 sake aangekla is. Eben is ook van roof aangekla nadat hy met 'n voorval Vrydagaand verbind is. 'n Polisiebeampte se 21-jarige seun was vroegoggend op die Kleinbaaipad te voet onderweg huis toe. Hy is naby die plaas, Dallas, deur twee mans voorgekeer en 'n mes is teen sy keel gedruk. Hulle het hom van sy baadjie, skoene en selfoon beroof.
Volgens die ondersoekbeampte, Sers Leon Crafford, is die inbrake by Pearly Beach tans 'n groot kopseer. In een van die vele huisbraak en diefstal voorvalle in daardie gebied het 'n dief vroegaand 'n motorruit gebreek. Die eienaar het dit in sy huis gehoor en toe hy buite kom het 'n man halflyf deur die venster gehang en binne in die motor rondgekrap.
Die inbreker het dadelik oor Broadwaystraat in die veld in gevlug. Toe die eienaar hom probeer volg het, het 'n tweede man met 'n flits in sy oë geskyn om hom te verblind. Hy is ook met 'n skerp voorwerp in die elmboog gesteek. Die saak word ondersoek en enige persoon met inligting word versoek om Sers Crafford by 028 384 0201 te skakel.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...