Sterftes ruk Stanford

Sterftes ruk Stanford

Gansbaai Courant

 “Ons is geskok oor al die doodstydinge in Stanford die afgelope tyd,” sê Adj-Off Hugo, Kommunikasie: Stanford SAPD. “Eers was dit Marlene Swart en nou ook andere, asook Dezelia Damon wat verlede week in ‘n motorongeluk in die Gansbaai-omgewing naby Grootbos dood is.”

AO Hugo sê voorts dat Stanford SAPD op Saterdag, 31 Mei om ongeveer 08:35 ‘n klagte van ‘n ongeluk op die hoek van Dreyer- en Matilda Maystrate ontvang het.  ‘n Ford bakkie het met ‘n fietsryer, Enricho Spandiel (42) gebots.

Volgens getuies het die bestuurder van die bakkie in Dreyerstraat gestop om vir ‘n kind geld te gee en weggetrek om in Matilda Maystraat in te draai. ‘n Ander voertuig het aan die teenoorgestelde kant van die straat by die stopstraat gestaan en die fiets het in die baan van die Ford bakkie gery en met die bakkie gebots. Die fietsryer het teen die windskerm geval en is per ambulans na die Medi-Kliniek geneem waar hy die volgende dag, 1 Junie oorlede is. Enrico was ‘n werker van Stanford Munisipaliteit.

“Op 30 Mei om 06:20 het SAPD Stanford weer ‘n klagte ontvang van ‘n sterfgeval te Stanford,” het sy ook gesê. “Op die toneel was die seun van die oorledene, Martina Niemand (59).” Die seun het die polisie meegedeel dat hy om 06:00 sy moeder op die vloer in haar kamer gekry het waar sy gelê het. “Volgens die seun het sy ma die vorige aand van borspyne gekla en sy het die kliniek besoek en pille is aan haar voorgeskryf,” sê AO Hugo. “Volgens haar suster, bekend as Annie, het die oorledene slegs 2 pille gedrink en ‘n geregtelike nadoodse ondersoek is op 2 Junie op haar uitgevoer.”

In ‘n minder ernstige voorval verwys AO Hugo na konstabel Zenzile wat op Saterdag, 24 Mei om ±10:00 met ‘n polisievoertuig vanaf die kop rigting Stanford gery het om die R43 hoofpad te patrolleer. Terwyl hy gery het, het hy twee mense aan die linkerkant van die pad sien stap. By die mense was ‘n 9-jarige seun, Easton Dreyer, wat vermoedelik na sy woning in die industriële gebied in Stanford op pad was, wat onverwags oor die pad gehardloop het. Die polisievoertuig het gerem, maar kon nie verhoed om die seun te tref nie. “Daar was geen skade aan die voertuig nie, wat ‘n aanduiding is dat dit stadig gery het.” Die seun het aan die oorkant van die pad geland en is deur die ambulans na die Provinsiale hospitaal geneem. Hy is reeds ontslaan met slegs steke wat hy aan sy kop gekry het.

Hardus Botha

Foto: Die ongelukstoneel op die R43 naby die Grootbos-afrit. Drie insittendes was in die motor en een van die passasiers, Dezelia Damon, het onder die motor beland en die volgende dag gesterf. Die ongeluk het op Donderdagaand, 29 Mei plaasgevind en geen ander voertuie was betrokke nie.

Sterftes ruk Stanford

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant