Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die grootste perlemoensindikaat-saak wat tot nog toe in die Kaapse Hooggeregshof verhoor is, is tot Dinsdag 17 Junie uitgestel.
Dit volg na twee van die beskuldigdes, Gilbert Hart en Samuel Sauls, se regsverteenwoordigers hul van die saak onttrek het. Die twee se advokate het onttrek omdat hulle geen finansiële instruksies van hul kliënte ontvang het nie.
Regter Monde Samela het daarna vir Hart en Sauls twee dae kans gegee om nuwe regsverteenwoordigers aan te stel.
Hulle het gevolglik aansoek gedoen dat verteenwoordigers van die Regshulpraad aangestel moet word vir hul verdediging.
Dit is egter van die hand gewys. Die sogenaamde "Barends"-sindikaat en hul hoofbeskuldigde, Ran Wei, wat steeds deur Interpol gesoek word, staan op meer as 700 aanklagte tereg. Daar word beweer dat hulle by onwettige bedrywighede van sowat R15 miljoen betrokke was. Vier van die 29 beskuldigdes, Quintin Knoetze, Abdul Majiet Mabarra, Ebraim van Tonder en Peter Jansen het reeds pleitooreenkomste met die staat gesluit. Knoetze en Van Tonder wat in 2012 gevonnis is, is vroeër vanjaar op parool vrygelaat terwyl Mabarra moontlik later vanjaar en Jansen volgende jaar parool sal kry. Die orige 25 beskuldiges wie se verhoor op 17 Junie hervat is: Frank Barends, Christiaan Crous, Donovan Dickson, Jody Behr, Daniel Oktober, Kerneels Chaka, Johannes Jacobs, Frederick Matthews, Henry Spandiel, Gabriel van Wyk, Christopher Kapot, Walter Delport, Anton Maclean, Frank Maritz, Piet Booysen, Boltwun Boezak, Samuel Brett, Ivan Dreyer, Sarah Dunsdon, Gustav Sauls, Josephine Barends, Henry Dickson en Anthony Broadway, Gilbert Hart en Samuel Sauls.
Die aanklagte teen hulle behels rampokkery, geldwassery en die onwettige besit van perlemoen. Een van die beskuldigdes, Anthony Broadway, se prokureursfirma was voorheen betrokke by die verteenwoordiging van die groepering gedurende die periode wat hulle bedrywig was.
Francois de Jongh
Foto: Frank Barends
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...