Stanford inbraak

Stanford inbraak

Gansbaai Courant

“Op 10 Junie om ongeveer 23:30 het ‘n dame in Stanford wakker geword met ‘n geluid wat vir haar soos die gekrap van ‘n voël op haar dak geklink het,” skryf Adj-Off Hugo, Kommunikasie: Stanford SAPD. “Die dame was nog deur die slaap toe sy by die venster uitkyk en het niks gewaar nie en teruggeklim in haar bed.” AO Hugo sê die dame was sonder haar seun alleen in die huis en het weer van dieselfde geluid wakker geword. Sy het ‘n skaduwee in die donker gesien en eers later die kaalvoet-voetspore op die teëls in elke vertrek gesien, met baie swart roet van die skoorsteen by die vuurherd. Toe sy die polisie wou skakel, het sy besef haar handsak met haar selfoon was weg, asook ‘n tas met klere wat in die slaapkamer gestaan het. Die polisie het ‘n leer aan die buitekant gekry, waar die inbreker deur die skoorsteen toegang tot die huis verkry het. “Ons vermoed dus dat die inbreker óf baie maer is, of ‘n jong persoon moet wees,” sê AO Hugo. Die dame se Britse paspoort en bestuurderslisensie is op 12 Junie op Stanford se rugbyvelde gekry. Die verdagte is onbekend en geen arrestasies is nog gemaak nie. Persone met inligting kan Stanford SAPD by 028-341-0601 skakel.

Hardus Botha

Stanford inbraak

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant