Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Gedurende Desember 1987 het Lizette Janse van Rensburg ‘n radikale keuse in haar lewe gemaak. “Ek het my hart vir Jesus gegee en gekies om te lewe!” vertel sy. Sy het daarna in 1988 by Sport vir Christus Aksie (SCAS) aangesluit, deel van ‘n Uitreik-groep geword en nooit weer teruggekyk na die verlede se depressie nie.
Lizette ontmoet haar eggenoot, Jaco in 1990 en die paartjie tree in 1991 in die huwelik. Twee pragtige kinders, Danielle (18) en Josua (16) is uit die huwelik gebore. Hulle verhuis na Mc Gregor en haar passie om weer te sing vat weer vlam, maar word geblus deur die afsterwe van haar vader en hulle besigheid wat hulle weens ‘n groot diefstal verloor. In 2004 het Danie Botha in Robertson gaan sing en haar gevra om ‘n liedjie saam met hom te sing. Net daar het haar passie vir sing weer opgevlam en het sang en die lewering van getuienis weer voluit deel van haar lewe geword.
Lizette tree op Saterdag, 16 Augustus 2014 om 09:30 vir 10:00 in die Pretoriussaal op. Die NGK se Vrouediens het ‘n gesellige Dames-oggend vir Lizette se optrede gereël. Die tema is: “O hete die mure, en kyk hoe lyk my rok nou!” Kaartjies kos R100 per persoon, met ‘n drie-gang maaltyd, soos net hulle dit kan voorberei, wat ingesluit is, asook die aansit by prag-versierde tafels. Die fondse is vir Vrouediens-projekte ge-oormerk.
Kaartjies is beperk en Elcine Hulme kan vir navrae of besprekings by 082-564-1959 geskakel word, of gaan koop gerus ‘n kaartjie by die NG-Kerkkantore of skakel hulle by 028-384-0510. Dit is ‘n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...