Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Herberg-aan-See se jaarlikse Wintersportdag deur Gansbaai se Goue Hande en onder leiding van Dalene van Dyk het weer eens vir ‘n opwindende dag vir die inwoners gesorg.
Die ontspanningsaal was in ‘n kring volgepak met opgewonde bejaardes wat nie kon wag dat alles begin nie. Die Sportdag is gesellig op die dansvloer geopen - met bykans almal wat meegedoen het, ingesluit die Bestuurspan en Gansbaai se Goue Hande.
Personeellede het vir ‘n skaterlag-lekker “losmaker” gesorg - ‘n piesang aan ‘n tou tussen die bene, waarmee ‘n bal in die rigting van ‘n hoelahoep gerol moes word…sonder die gebruik van hul hande. Daarna het die “sports” begin:
Vanaf Boontjie in die emmer gooi, Kegelgooi en Bal deur die pyp rol tot by die Piekniekmandjie (‘n interessante geheuespeletjie), Mimiekspeletjies en Simon sê….(waar bepaalde opdragte uitgevoer moes word). Die personeellede het nie teruggestaan nie en met twee pragtige en kleurvolle dansitems vorendag gekom, met Gansbaai se Goue Hande wat ook vir ‘n item gesorg het.
Hierdie jaarlikse binnenshuise Sportdag het ‘n gewilde instelling geword waarna die inwoners van Herberg-aan-See telkens met groot opwinding uitsien.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...