Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die oplettendheid van Mariene en Kusbestuur-beamptes het Maandagoggend daartoe gelei dat 1529 perlemoen gevind en 'n vrou gearresteer is.
Margaret Kronk (45) van Melkhoutstraat, Gansbaai, was in die rigting van Gansbaai op die R43 by die lughawe onderweg toe beamptes, wat op pad na Pearly Beach was, opgemerk het dat die Mercedes se agterkant hang.
Hulle het omgedraai en die voertuig gevolg en gesien hoe dit by die Duineveld Pub indraai. Die bestuurder het na binne gegaan en koffie bestel. Die beamptes het haar daar genader en versoek dat sy hulle na haar voertuig vir 'n roetine ondersoek vergesel. Sestien sakke ontskulpte perlemoen is in die silwer Mercedes Benz 300D se kattebak gevind.
Volgens Hoof Mariene Bewarings Inspekteur, Gilbert Mmereki, het sy aangevoer dat mans haar by Die Dam voorgekeer het en die perlemoen ingelaai het. Volgens haar ken sy nie die mans nie en het hulle gesê hul werk deur 'n vriend na haar toe. Sy moes glo Kaap toe ry en sou daar 'n oproep ontvang oor waar om die perlemoen af te lewer. Kronk is aangehou en het Woensdag in Bredasdorp se Landdroshof verskyn.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...