Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
KLEINMOND – Gerrit Maritz straat no 36 in Palmiet is ‘n netjies wit huis met ‘n groot voorstoep wat uitkyk op die pad. ‘n Houthekkie maak oop na die straat. In die voortuin staan blompotte netjies gerangskik, nie een uit sy plek nie. Dit is hier waar Michael en ‘Nikki’ (in die hofstukke word haar naam as Minole aangetoon) Pietersen, sonder dat hul niksvermoendende bure enigsins daarvan bewus was, letterlik ‘n kweekhuis vol dagga plante versorg en vertroetel het. Daar is uiteindelik op byna ‘n honderd van dié plante beslag gelê.
Die egpaar is verlede Woensdag in hegtenis geneem vir die kweek van en handel in dagga. Die klopjag is deur die Kleinmond polisie en die Overberg honde eenheid uitgevoer na hulle glo inligting vanaf die publiek ontvang het. Die polisie het op ‘n tuisgemaakte dagga-kweek-kamer afgekom kompleet met verwarmers, waaiers en ultraviolet ligte. Die toerusting en die dagga het ‘n geskatte waarde van R40 000.
Die Pietersens se bure wou nie kommentaar lewer oor die egpaar nie en het aanhou sê dat hulle “baie gawe mense is”. Nog ‘n buurman het gesê hy het nooit onraad vermoed nie. “Hulle was baie stil gewees. Ek het net ‘n klein sakkie dagga al by hulle gesien, maar was nog nooit in hulle huis nie.”
‘n Bron na aan die egpaar wat anoniem wou bly, sê hulle was “happy go lucky mense” wat nooit in die moeilikheid gekom het nie. Volgens die bron bly hulle ‘n geruime tyd al op die dorp. Michael werk glo in die boubedryf, terwyl ‘Nikki’ haar eie aanlynwinkel het waar sy klere en kussings verkoop. “Michael is veral mal oor houtwerk, veral groot goed soos houtdekke. Hy het baie keer ‘n span wat vir hom werk. ”Volgens die bron was daar nooit ‘n finansiële probleem nie. “Hulle het beslis nie die dagga gekweek vir geld nie. Dit was net ‘n stokperdjie wat bietjie hand uitgeruk het. Hulle is baie goeie mense.”
Die egpaar is baie avontuurlustig. Op Michael se Facebook-blad is daar verskeie foto’s waar hy branderplank en motorfiets ry. “Hulle is baie lief vir die buitelewe en kom uit ‘n goeie huis. Hy gaan nog eendag lag daaroor, ek ken hom so.”
‘Nikki’ Pietersen wou nie kommentaar lewer toe die Herald haar by hulle huis besoek het nie.
Albei die verdagtes het Vrydag in die Landdroshof op Caledon verskyn. Hulle is vrygelaat op borgtog van ‘n R1000. Die egpaar moet op 3 Oktober weer in die hof verskyn.
Dit herinner sterk aan 'n soortgelyke geval 'n aantal jaar gelede by Panorama bokant Franskraal. 'n Britse man en Franse vrou is gearresteer en gedeporteer.
Jacques Myburgh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...