Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
΄n Vrou is verlede Donderdag ernstig by haar huis in Barnardstraat aangerand. Dedre Burger het die oggend 'n huisbraaksaak by die polisie geopen nadat daar by haar huis ingebreek is.
Die middag om 18:00 het sy twee baie netjies geklede swart mans by haar garage gesien en aangeneem dat hulle van die forensiese eenheid was en vingerafdrukke wou kom neem.
Volgens Spr Sers Leon Crafford het sy toe na die mans gegaan en gesê sy sal hul wys by watter venster ingebreek is. Die volgende oomblik het hul haar egter gegryp, teen die grond gegooi en een man het op haar gaan sit en vasgedruk. Die ander man het haar met 'n ysterpyp oor haar ribbes en arms begin slaan. Hy wou die hele tyd in Engels weet: "Waar is hy?" Burger het egter nie geweet van wie hy praat nie aangesien sy onlangs daar ingetrek het. Hulle het ook na bewering gesê: "Sonny soek sy geld en as ons weer kom breek ons jou bene." Die mans is daarna daar weg en het niks gesteel nie.
Dedre is vir drie gekraakte ribbes behandel en albei haar arms se ligamente is beskadig.
Die saak word ondersoek. Skakel Spr Sers Leon Crafford by 028 384 0201 met enige inligting wat in die ondersoek kan help.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...