Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Kobus (Spikkels) du Toit, eienaar van die bekende Vleispaleis, het vriende groot laat skrik met die ernstige motorfiets-ongeluk waarin hy op Donderdag, 8 Januarie 2015 om ±08:00 betrokke was en ernstig beseer is. Sy linkerbeen se skeengedeelte onder die knie is op drie plekke gebreek, met ‘n gapende wond tot op die been vanaf sy knie tot by sy voet.
Die ongeluk het op die Kleinbaai-pad in die omgewing oorkant Blompark se woongebied plaasgevind. ‘n Inwoner van Kleinbaai het met sy voertuig langs die pad stilgehou om sy huishulp op te laai. Kobus het op sy motorfiets aangekom en die voertuig gesien en wel stadiger gery. Na bewering was die aankomende motorfiets in die truspieël van die voertuig se “blindekol” en die bestuurder het ‘n U-draai gemaak, met Kobus direk langs hom. Cassie Carstens van Overstrand Medical Response was vinnig op die toneel en die nodige mediese bystand is verleen. “Ek is baie dank aan Cassie verskuldig vir sy deeglike hantering van my besering,” het Kobus agterna in die hospitaal gesê. Hy is gestabiliseer en inderhaas per ambulans na Hermanus Mediclinic vervoer. As gevolg van die geweldige swelling, asook die skoonmaak van die lang en gapende wond oor die volle lengte van sy onderbeen, kon Kobus eers op Saterdag, 10 Januarie 2015 geopereer word waartydens ‘n staalpen in die skeengedeelte van sy been ingesit is. Op Maandag, 12 Januarie 2015 moes Kobus ‘n veloorplanting ondergaan om die oopgevlekte been te bedek. As gevolg van die geweldige bloedverlies gedurende die paar dae, het hy met die ter perse gaan van hierdie berig reeds 6 eenhede bloed ontvang. Verdere operasies, onder andere vleisoorplantings, wag nog op hom. Intussen het Kobus gestabiliseer en is vanuit die Intensiewe Sorgeenheid na ‘n saal oorgeplaas om aan te sterk. Hy verduur geweldige pyn en die been word konstant onder verdowing gehou. Dinsdagaand het hy Gansbaai Courant telefonies meegedeel dat hy gedurende die dag die ergste pyn nóg ervaar het. Sy bekende motorfiets, waarmee hy gereeld saam met Gansbaai se motorfietsklub, die Scattered Links, Overberg Chapter, aan besigtigingsritte en liefdadigheidsprojekte deelgeneem het, asook aan die klub se jaarlikse winter-motorfietsritte na Sutherland, sal waarskynlik afgeskryf word. Sinvolle opmerkings is teenoor Gansbaai Courant gemaak oor die groot risiko verbonde aan U-draaie met voertuie, veral vir die op- en aflaai van huishulpe op die Kleinbaaipad. “Daar is ‘n groot parkeerarea regoor Gansbaai Academia beskikbaar wat veilig vir hierdie doel benut kan word,” het iemand wat verkies om anoniem te bly, gesê.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...