Bietoubossers en Gemoedsiektes

Bietoubossers en Gemoedsiektes

Gansbaai Courant

“Met Juliemaand as Geestesgesondheidmaand het ons vir prof P.P. (Py) Botha, Sielkundige van Kleinbaai, genooi om op 14 Julie tydens ons byeenkoms met ons oor Gemoedsiektes te kom praat,” vertel Elizma de Lange van die Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. Prof Botha se eggenote, Mariëtte het die byeenkoms saam met hom bygewoon.

Prof Botha was voorheen verbonde aan RAU en die egpaar woon nou sowat 9 jaar in Kleinbaai, waar hy praktiseer. Hy het onder andere na depressie as ‘n siekte van die brein en die gemoed (gemoedsiekte) verwys en enkele voorbeelde aan die dames uitgelig.

“As gevolg van soveel wanpersepsies, vooroordele, wanopvattinge, stigmas, mites en onkunde, en ook as gevolg van die feit dat dit ‘n siekte is, is die meer moderne benadering van die sielkunde en die psigiatrie om nie meer van depressie te praat nie, maar om eerder daarna as ‘n gemoedsiekte te verwys,” het prof Botha gesê.

Hy het ook daarna verwys dat gemoedsiektes gekompliseerd is en moeilik is om korrek gediagnoseer te word. ‘n Korrekte diagnose behoort te bepaal of die siekte unipolêr (op een pool) of bipolêr (op twee pole) is. (Sien prof Botha se artikel oor Gemoedsiektes op bl 14)

Na prof Botha se insiggewende praatjie, het hy gesê: “Dit gebeur nie aldag dat so baie vrouens doodstil sit en luister terwyl ek praat nie….!” Die gebruiklike pryse met die dames se R5-lootjies was dié keer drie boeke, wat by die tema aangesluit het en deur drie dames gewen is. Die boeke is deur Johan en Tersia Coetzee van Naledi Uitgewers geskenk: Trauma - Riglyne vir slagoffers deur Dr Tessa van Wyk; Staan op in Moeilike Tye deur ST Potgieter; Wie is ek? deur Louis Awerbuck en Lise Swart. Soos gewoonlik is daar na afloop van die byeenkoms gesellig saamgekuier.

Belangstellende dames van De Kelders, Perlemoenbaai of Gansbaai kan die voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 skakel, of skakel vir Elizma de Lange by 028-384-1963.

Hardus Botha

Bietoubossers en Gemoedsiektes

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant