Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Gedurende Saterdagnag, 8 Augustus, het vakansiegangers ‘n verdagte met handskoene en ‘n Balaklawa (Klapmus) oor sy kop opgemerk. Die verdagte was besig om teen ‘n veranda deur ‘n venster op die tweede verdieping van die huis te klim. Met die vakansiegangers se tussenkoms het die verdagte op die vluggeslaan en kon nie gevang word nie. Gansbaai SAPD se Speurtak ondersoek die moontlikheid dat hierdie poging tot inbraak met dié een in Franskraal (voorbladberig) verband kan hou. Vir enige inligting wat met die ondersoek kan help, kan Gansbaai SAPD by 028-384-0201 geskakel word.
‘n Verdagte van Blompark is op Saterdag, 8 Augustus 2015 in Masakhane gearresteer. Hy was in besit van ‘n Tablet wat hy probeer verkoop het. Die verdagte, Jeandré Wyngaard (29) van Blompark, is gearresteer en het reeds in die Hermanushof verskyn. Borg is opponeer op grond van sy betrokkenheid by ander sake. Die tablet moet nog geïdentifiseer word ten opsigte van eienaarskap. In hierdie verband kan Gansbaai SAPD by 028-384-0201 geskakel word.
‘n Voertuig is op Maandag, 10 Augustus 2015 in Gansbaai deur SAPD-lede van Gansbaai en Stanford afgetrek. By nadere ondersoek is 70 pakke (parcels) dagga (6.6kg) in die motor gevind. ‘n Swart vrou, Vuyiswa Higa (25) van Masakhane is gearresteer. Sy het op Woensdag, 12 Augustus in die Hermanushof verskyn.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...