Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Gallie Badenhorst van Gansbaai Brandweerstasie gaan vanjaar saam met sy pa, Deon Truter van Hartswater met ‘n Datsun 1200 aan die Skedonkie-wedren (Nuts and Bolts Rally) deelneem. Die wedren word vanaf 23 tot 26 September 2015 aangebied. Die doel daarvan is om fondse vir die “Love Your Nuts” organisasie, ‘n testikulêre kankerbewustheids-veldtog, in te samel. Torsten Kohler is die stigter van die organisasie, “Love your nuts”-projek en was self ‘n testikulêre kankerlyer wat genees is. Die organisasie funksioneer onder die sambreel van “People living with cancer” (PLWC). Testikulêre kanker word meestal tussen die ouderdom van 15 - 39 jaar gediagnoseer. Vanjaar het 40 spanne vir die wedren ingeskryf en hulle ry na Strandfontein. Daarna maak hulle ‘n draai in Garies en Loeriesfontein en die laaste aand gaan hulle by Kromrivier in die Tankwa spandeer. “Ons hoop om hierdie jaar sommer baie geld in te samel,” sê Pieter Andersen, organiseerder van die wedren. “Verlede jaar is die eerste wedren gereël en die skedonkies het 1,450km gery en R25,000 vir kanker ingesamel. “Om met kanker te lewe is nie maklik nie en daarom was ons rit ook geensins maklik nie,” sê Pieter. Verlede jaar se roete, hoofsaaklik grondpaaie, het die bestuurders, die bande en uitlaatstelsels tot die uiterste beproef. Gallie doen ‘n beroep op die gemeenskap, asook besighede, om hierdie belangrike projek te ondersteun en Gansbaai se naam ook op hierdie gebied hoog te hou. Besoek gerus die webtuiste, www.love-your-nuts.com vir meer inligting. Vir enige vorm van donasies of borgskappe kan Gallie by 072-142-4488 gekontak word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...