Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Dit is baie belangrik dat ons gemeen-skaps-gesondheidwerkers goed opgelei is in alle aspekte van die werk, daarom word daar op gereelde basis opleiding deur buite instansies aan hulle verskaf,” sê Ena Geldenhuys, Tuisversorgings-koördineerder vir Ikamva. “Vandag se werkswinkel het gegaan oor etiek in die werkplek.” Jolande Sauls van Ikamva het deur middel van die Departement van Gesondheid die werkswinkel geïnisieer. Die tema vir die werks-winkel was “Terug skool toe”. Die gemeenskaps-gesondheidswerkers se kleredrag en ook selfs hul pouse-kos het by die tema ingepas en almal was in skooldrag geklee. Die tradisionele toebroodjie vir pouse is ingepak, met die uitsondering van “hot chocolate”, aangesien die weer baie koud was en alles was so reg in die kraal vir ‘n gesellige, maar leersame werkswinkel. “Vir ons is dit baie belangrik dat etiek in die werkplek goed verstaan moet word om Ikamva en tuisversorging se naam hoog te hou as ‘n professionele diens,” sê Ena. Malinda Karsten en haar span van “Right to Care”, ‘n nie-winsgewende organisasie in die Overstrand, het die werkswinkel aangebied. Die verskillende aspekte van etiek is deur middel van rolspel aan die gemeenskaps-gesondheidwerkers oorgedra, wat terselfdertyd vir genoeg humor gesorg het. Ena sê aan die einde van die werkswinkel, waarvan almal deel was, sy met sekerheid kan bevestig dat die gemeenskapsgesondheidwerkers nou ten volle bewus is van alle aspekte van etiek en dat hulle weer eens besef het hoe belangrik dit is om almal in ‘n span saam te werk ten einde hulle doelwitte te kan bereik. Aspekte waarop veral gefokus is, is tydskedules, eerlik-heid, konfidentualiteit, diskriminasie, die bestuur se invloed op die diens en uitvoering daarvan met die vier bene waarop etiek in die werkplek rus: etiese leierskap, etiese aksie, etiese opleiding en etiese bewusmaking.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...