Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die hoogste Suid-Afrikaanse Liontoekenning, die Louis Volks-toekenning, is Saterdag, 3 Desember 2016 aan Lion Gert Louw van Gansbaai Lionsklub oorhandig.
Met hierdie prestige toekenning is Gert vereer vir sy jarelange harde werk en onbaatsugtige bydrae in die gemeenskap wat hy as lid van Gansbaai Lionsklub gelewer het. Gedurende dié tyd het hy oor drie termyne as Lion president gedien.
“Ons het eenparig besluit op dié toekenning om erkenning aan Gert te gee,” sê Boats van Staden, voormalige Lions president. Hy het onder andere ‘n enorme bydrae oor die afgelope 14 jaar gemaak met die Lions se jaarlikse Lighuis tot Lighuis Bergfietswedrenne, waar hy volle verantwoordelikheid geneem het.
Marietta Hattingh het die sertifikaat en medalje tydens Gansbaai Lionsklub se Kersfunksie aan hom oorhandig.
Die bewoording op die sertifikaat lui soos volg: “In recognition of Dedicated and Distinguished Service to the benefit of the community that exemplifies the ideals of the International Association of Lions Clubs.”
Profiel
Abraham Gerhardus Louw is op 22 Augustus 1947 in Springbok, Namakwaland, gebore.
In 1964 matrikuleer hy aan die Hoërskool Nabadeeb, waar sy pa by die kopermyne werksaam was.
Gedurende Januarie 1965 sluit Gert by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan, waar hy vir 34 jaar werksaam was.
In 1998 tree hy in die rang van Kolonel af en vestig hom in De Kelders.
Gert het in 1974, sowat 42 jaar gelede, by die Wellington Lionsklub aangesluit, maar as gevolg van werksomstandighede was hy nie voltyds aktief nie.
“As polisieman was diens aan die gemeenskap vir my van uiterste belang en die Lions was vir my ‘n voortsetting hiervan,” het hy gesê.
In Gansbaai het Gert sy volle gewig by die Lionsklub ingegooi. In 2001 loods hy die eerste Lighuis tot Lighuis Bergfietswedren oor twee dae tussen Danger Point en Agulhas. Dit word steeds jaarliks deur hom gereël.
Boats vertel dat Gansbaai Lionsklub gedurende hierdie tydperk bykans R1m ingesamel het wat in die gemeenskap teruggeploeg is in die vorm van kospakkies, klere, brille, gehoorstukke en veel meer. Aanbouings by Herberg-aan-See se Nasorgsentrum was ook een van die projekte.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...