In Memoriam - Dirk Büchner

In Memoriam - Dirk Büchner

Gansbaai Courant

Dirk van Breda (sy oupa se naam en van) Büchner (72) van De Kelders is Sondag, 18 Desember 2016 oorlede. ‘n Roudiens is Donderdag, 22 Desember 2016 deur ds Deon Kloppers van o.m.G.e.e Bedieninge in Gansbaai gelei.

Ds Kloppers het Kolossense 3:16 as teksvers gebruik - Dirk se groot liefde in die lewe - sang en musiek.

Dirk is reeds in 2014 met limfoonkanker gediagnoseer, waarvoor hy sowat 8 chemo-sessies ontvang het.

Verbeterde lewenskwaliteit het wel ingetree, maar hy het groot ongemak verduur sonder dat hy ooit gekla het.

Verlede Woensdag, 14  Desember 2016 is die egpaar Kaap toe vir verdere toetse en die dag daarna vir ‘n CT-skandering wat getoon het dat daar geen fout met sy brein was nie.

Hy het daarna gesê hy is honger en het ‘n goeie ontbyt genuttig. Tuis, dieselfde dag, het hy egter baie naar geword en Eva sê sy kon sien dat daar groot fout is. Hy het ‘n massiewe beroerte-aanval gekry, wat hom dadelik in ‘n koma gedompel het. Hy is Sondag, 18  Desember 2016 oorlede.

Dirk is op 27 September 1944 in Kaapstad gebore, waar hy ook grootgeword het en skool gegaan het. Ná skool verwerf Dirk sy NTC3 vakleerlingskap as lettersetter in die media-wêreld, maar ook in kuns, by Cape & Transvaal Printers (CTP).

34 jaar gelede op 21 Junie 1980 lui die huweliksklokkies vir hom en Eva in Pretoria. Gesamentlik het die egpaar twee kinders wat almal getroud is, met twee kleinkinders.

As gekwalifiseerde lettersetter / tipograaf vir Nasau Uitgewers het Dirk meer tyd in die kunsafdeling spandeer as in die fabriek, aangesien dit is waar sy groot liefde gelê het.

In 1981 word ‘n enorme kontrak vir die destydse Wêreld Spektrum-reeks (30 Volumes) aan hom toegeken. Terselfdertyd was hy by die destydse Christelike Uitgewers Maatskappy (CUM) betrokke. Daar het hy in die hoedanigheid van sy eie besigheid, Graphic Book Designs, CUM se boeke tipografies versorg.

In 1997 verhuis hy na George en in 2002 vertrek Eva oorsee, waar sy ‘n kursus in versorgingsdienste deurloop. In 2003 vertrek altwee na Engeland waar hulle vir die daaropvolgende 5 jaar by versorgingsdienste betrokke is.

Hulle vestig Huis Breda Versorgingsoord vir die professionele versorging van bejaardes in 2008 in Bredasdorp.

Gedurende 2009 verskuif hulle Huis Breda na Franskraal en in die begin van 2010 na De Kelders waar dit steeds bedryf word. Dirk se sang en kitaar-musiek, gereeld saam met Eva, is alombekend, veral ook by die Birkenhead Boothengelklub waarvan hy vir die afgelope 2  jaar ‘n getroue en aktiewe lid was. Hy bied ook professionele kitaarlesse aan en is ook ‘n ywerige jagter gedurende die jagseisoen.

Dan was hy ook by 4x4 motorfietstoere (Quad bikes) in die omgewing betrokke, met die fokus op die natuurskoon. Op sy tyd was hy ook ‘n liga-speler in Action Cricket, waar hy op 50-jarige ouderdom as “Man of the Match” aangewys is; ‘n kranige liga-pluimbalspeler; lief vir waterski en perdry. Dirk het voortgegaan om sy groot liefde vir grafiese ontwerp op die rekenaar te beoefen en het ook die hengelkaarte van Gansbaai- en Struisbaai-omgewing gedoen.

Dirk laat sy eggenote, Eva, 2 kinders en 2 kleinkinders agter.

In Memoriam - Dirk Büchner

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant