Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Yvonne Groenewald van die onderneming Blink Idees, het 17 jaar gelede die blink idee gekry om hul huis en tuin met liggies te versier oor die Desember-feestydperk.
“… vir wanneer die kleinkinders aankom.” Op daardie stadium was daar nog nie ‘n kleinkind op die horison nie, maar Yvonne, die dorp se trourokmaker en koekbakker, het haar inkomste geneem, Kaap toe gery en ‘n massa liggies aangeskaf.
Met die jare saam het die liggies al meer geword. Buurdorpe se ouetehuise het met bussiesvol mense in Gansbaai se Buitekantstraat 25 kom liggies kyk.
Christo vertel dat toeriste so ver as Amerika, Spanje en Rusland al daar rondgestap het.
‘n Hoogtepunt was ‘n besoek van ‘n klompie Springbok-rugbyspelers ‘n paar jaar gelede. Die foto saam met Percy Montgomery hang teen die muur.
Christo, ‘n voltydse leraar, is verstom oor hierdie passie van sy vrou. Hy vertel dat hy maar net opdragte uitvoer, maar dat dit sy is wat besluit wat waar kom en ook self die elektriese bedrading en herstelwerk hanteer.
Die Groenewalds nooi almal om die skouspel te kom besigtig. Die liggies word aangeskakel sodra dit donker word en afhangende van die besoekers, word daar soms tot laataand gekuier, terwyl vrolike musiek bydra tot die feestelike atmosfeer.
‘n Houer vir donasies staan by die uitgang, om by te dra tot die kragrekening.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...