Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Wat ‘n belewenis om te aanskou: ‘n Mini Atletiekdag met kleuters - 303 van hulle, waarvan 161 kleuters en 142 grondslagfase leerders is.
Skooltjies van reg oor die plaaslike distrik asook vanuit die Stanford area het Saterdag, 25 Maart 2017 op Laerskool Gansbaai se sportgronde saamgetrek vir ‘n atletiekdag soos min.
Vanuit Stanford was dit laerskole Okkie Smuts en Die Bron en die kleuterskole Buzzy Beez en Wiele Walie. Gansbaai deelnemers was laerskole Gansbaai en Gansbaai Primêr en die kleuterskole De Kleine Gansies, Coolkids, Fielavlooi en Flower Valley.
Die koördineerder van die dag was Hanneke de Wet en die hoofborg was Overberg Agri, met hulle hoofbestuurder, Jaco Jonker wat teenwoordig was.
“Kinders begin op skool eers vanaf o/10 blootstelling aan velditems kry,” vertel Hanneke. “Daarom word die dag so beplan dat die kleintjies ‘n voorsmakie kry van wat hulle te wagte kan wees op ‘n latere ouderdom.”
Sy sê die velditems word makliker gemaak en ook beveilig sodat hulle speel-speel leer sonder om seer te kry.
Die leerders is in 2 groepe verdeel: o/4 tot o/6 en o/7 tot o/9.
Items waaraan deelgeneem is, is hoogspring, gewigstoot, hekkies, naellope, spiesgooi, langafstandwedlope, verspring en aflos.
Almal het aan al 8 afdelings deelgeneem en ouers kon saam stap om mekaar beter te leer ken.
Daar is 10 minute aan elke afdeling afgestaan, waarna deelnemers moes aanbeweeg na die volgende stasie.
Elke leerder het ‘n erkenningsmedalje ontvang vir goeie sportmangees en deelname. By die grondslagfase is daar in elke geslag en ouderdomsgroep ‘n leerder uitgesonder vir sy/haar algehele prestasie tydens deelname aan al 8 die items.
Die volgende leerders het die veelsydigheidstrofeë ontvang: Dogters o/7 - Daune Kgoro (Gansbaai Primêr); Seuns o/7 - EJ Poole (Laerskool Gansbaai); Dogters o/8 - Lanika Mostert (Laerskool Gansbaai); Seuns o/8 - Kieran Hess (Gansbaai Primêr); Dogters o/9 - Joy Hans (Laerskool Gansbaai); Seuns o/9 - Stefan Stieger (Laerskool Gansbaai).
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...