Sorg vir jou eie geluk

Sorg vir jou eie geluk

Gansbaai Courant

Die Hardebaarde ken hulle feite en sal seker nie in hierdie bydrae  belangstel nie, dis egter gerig op die manne wat òf begin hengel òf al moedeloos raak omdat die vis maar skaars bly. Ek wil ‘n paar goed uitwys wat, indien dit toegepas word, sal help dat daar meer gereeld ‘n vissie vir die pan beskikbaar sal wees. Ek moet egter in gedagte hou dat spasie beperk is, so ek sal dit “kortpad” moet vat.

Die heel eerste feit is om die weer en die gepaardgaande watertoestande in berekening  te bring. En dis makliker gesê as gedaan. Om hiertoe in staat te wees vat baie ondervinding en wysheid. En steeds lyk dit my moet jy as‘t ware gebore wees met hierdie gawe! Die volgende item  wat sommer baie belangrik is, is  --  aas!

Kortweg gestel, hoe groter die verskeidenheid, hoe “gelukkiger” raak jy. Met ‘n boot is die keuse redelik eenvoudig. Indien jy toegerus is met visaas (hoe varser, hoe beter), rooiaas, witmossel en tjokka behoort jy jou ding te kan doen. Met strandhengel verskil die storie so effe. Hier moet jy verkieslik hê wurm, krewels, visaas, rooiaas (vars, vrot en rypgemaakte), asook witmossel (gesout en vars, wanneer  jy  byvoorbeeld agter galjoen se kind aan is).

Nog iets  baie belangriks is dat jou hengelgerei geskik moet wees vir die tipe vis wat jy in die oog het en die samestelling van stok, lyn en hoeke, ensovoorts moet deeglik in gedagte gehou word.

Tegniek is iets wat met die tyd sal kom, maar jy kan sake vergemaklik deur by iemand raad te gaan vra en jy hoef nie verder te soek as ‘n Hardebaard nie. By hom, of haar, sal jy leer van goed soos hoe die water moet lyk  vir sekere visse en dan sommer ook hoe jy die ase moet voorberei en aanheg. Jy sal dan ook weet hoe om sloepe te identifiseer en wanneer om vir dwarssloepe (soos byvoorbeeld vir witsteenbras) te soek. Dan gaan daar ook tye wees dat jy verskillende ase aan dieselfde hoek heg en hoe moet jy die spul vasbind?

Die verwysing na die baie ase sal jou dalk skeef laat kyk, want dit kos nogal om die lot bymekaar te bring, maar ek het nie gesê dit sal maklik wees nie, net beter!

My spasie is op, kom ons kyk hoe dit gaan.

Groete, Seemeeu

Sorg vir jou eie geluk

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant