Só verdeel minister haar begroting

Só verdeel minister haar begroting

Gansbaai Courant

In haar onlangse begrotingsrede op 29 Maart het die Wes-Kaapse minister van Kultuursake en Sport, Anroux Marais, die kiesers vertel hoe sy die bykans R725-miljoen wat aan die departement toegeken is, wil bestee. Die geld word verdeel onder vier hoofde: Administrasie, Kuns en Kultuursake, Biblioteek- en Argiefdienste en Sport en Ontspanning.

Onder Administrasie sal sowat R63-miljoen bestee word aan die ondersteuning en verbetering van die finansiële stelsels waardeur die orige drie afdelings se besteding aan dienslewering geskied.

Kultuursake behels steun aan die uitvoerende kunstelig-game soos Landelike Kultuuruitreiking wat die uitvoerende en beeldende kunste op veral die platteland bevorder. Die provinsie ondersteun byvoorbeeld 'n Pleknaamkomitee, wat die tradisionele KhoeKhoen-plekname dwarsoor die provinsie wil herinstel. Die oorgelewerde (mondelinge) geskiedenis van die streek word ook nagevors en aangeteken.

Die sowat R5-miljoen wat aan die Departement daarvoor toegewys is, sal taalsteun- en tolkdienste in al drie amptelike tale (Suid-Afrikaanse Gebaretaal-tolking ingesluit) in die Wes-Kaapse regering verskaf, ook nuttige handboeke, soos skaak-, rugby-, krieket- en sokkerterme in Xhosa, 'n gebaretaalboek vir gehoorgestremdes en 'n werksoekhandboek.

Tradisionele inisiasieseremonies kom onder die loep en sal die aandag van geneeskundiges en toksikoloë ontvang om sterftes te verhoed en uiteindelik te laat staak.

Biblioteke en argiewe ontvang sowat R375-miljoen, om die 370 provinsiale biblioteke (sowat 25% van die land se geriewe) en hulle 890 personeellede te bestuur en te betaal.

Met Sport en Ontspanning se R181-miljoen word beplan om sport te bevorder deur die voorsiening van gelykwaardige en toeganklike sportgeriewe aan die Overstrand. Skoolsport en veral individuele atlete wat aan oorsese nommers deelneem, word ook geborg en ondersteun en 'n uitgebreide stelsel inter- en intraskool-kompetisies word bevorder.

Nog 'n innoverende program is die naskoolse "Game changer" waardeur akademiese en sportbedrywighede aangebied word om leerders wat nie huise toe kan gaan nie, kreatief besig te hou. Hulp met sokker, fietsry, tennis, netbal en skopboks, word ook aangebied.

Só verdeel minister haar begroting

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant