Nuwe bloed by Tuscany

Nuwe bloed by Tuscany

Gansbaai Courant

Die nuwe eienaars van Tuscany Restaurant, Madelaine en Leon Steyn het die deure Maandagoggend (1 Mei) wyd oopgegooi vir die mense van Gansbaai met ‘n smaaklike openingsontbyt.

Die Steyns het sowat ‘n jaar gelede by hul dogter, Maryke kom kuier.  Maryke  se voete was reeds lankal nat van die Gansbaai water en haar entoesiasme oor die pragtige dorp was aansteeklik.

Die Gansbaai anker teen die berg en die langlyn treilers wat gedurig kom en gaan in die hawe, het ook hulle harte gehaak en dit was nie ‘n moeilike besluit om vanuit Uganda hierheen te verhuis nie.

Bestuur en spyseniering is glad nie ‘n nuutjie vir die twee vindingryke entrepreneurs  nie.

Hulle het die Lake Albert Lodge op die Kaboya Wildreservaat in die hartjie van Afrika besit.

Die lodge is sowat agt ure se ry van Uganda se hoofstad, Kampala afgeleë.

Hier het hulle soms vir tot 62 gaste reggestaan wanneer die 24 chalets vol bespreek was.

Madelaine sê: “Tuscany is reguit uit die Here se hande aan ons gegee en daarom sal ons SY naam en die standaarde hoog hou! Kom kuier gerus!”

Nuwe bloed by Tuscany

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant