Bote, persoonlikhede en waardebepalings

Bote, persoonlikhede en waardebepalings

Gansbaai Courant

Soos ‘n huis móét ‘n boot ook ‘n naam hê.

In albei gevalle, maar veral wanneer ‘n boot ter sprake kom, weerspieël die naam diè van die eienaar, wat gewoonlik ook die skipper is, of somtyds een of ander situasie.

Daar is sommer baie gevalle wat as voorbeeld gebruik kan word. Hoe klink die volgende - en kan jy jou die skipper voorstel? Hamerkop, Wet and Wild, Krokkie, Ou Tjol, Hardegat, Apie, Kotz Kotz, Maki-sharkey en Makadas. Dis nou maar om net ‘n paar te noem.

Dink nou aan die skippers oor die algemeen en voeg sommer ‘n klomp ander hengelaars daarby. Is dit nie so nie dat elkeen van hierdie ook ‘n persoonlikheid eie aan hulle moet hê nie? En ons praat nie nou sommer van ‘n persoonlikheid wat op land “saamgesleep” word nie!

Ek kan sommer self begin deur van die manne hier te beskryf, maar indien ek name noem gaan daar pêrre wees.

Soos die bote se eienskappe baie kan verskil, is hulle eienaars ook besonderse mense wat elkeen bydra daartoe om die dag op see iets besonders te maak. Die lekker gesels onder mekaar getuig van dieselfde belangstellings en waarde-bepaling - die see en alles wat daarmee vereenselwig kan word. 

Ek gaan na enkeles verwys. Een skipper met wie ek jare saamgewerk het (en nie meer met ons is nie) sal deur sy kalm manier van praat en sy algemeen bedeesde gewoontes, altyd in my gedagtes bly. Amper meld ek sy naam! Hierdie was ‘n groot man in teenstelling met sy kalm manier van dinge doen.

Ek het hom nooit kwaad gesien nie, maar al het hy jou vermaan op sy stil manier is daar geluister. En ‘n grappie of gerusstelling was altyd gereed. Moet net nie dink dat hierdie skipper “sag” was nie. Hy was eerder streng, maar altyd regverdig en het ook iets gehards in hom gehad. Is hy herkenbaar aan een van die bogenoemde bootname?

Nog ‘n voorbeeld - en op sy boot was ek nooit gewees nie, maar het hom tog goed geken. Hy het sommer maklik sy boot gaan loods op ‘n vreemde plek. Sonder selfs om, soos jy gewoonlik sou maak, jou eers van toestande te vergewis. En nooit het hy probleme opgetel nie.

Goeie skipper ja, maar ek het hom as bietjie waaghalsig geken en sou nie sommer blindweg met hom na ‘n vreemde bestemming gaan nie. Deur slegs na die man se bootnaam te kyk, sou jy tog sulke aksies van hom verwag. Hy bly egter ‘n gewaardeerde vriend.

So gaan ons aan.

Baie groete, Seemeeu

Bote, persoonlikhede en waardebepalings

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant