Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Jy sukkel nie met ‘n Gansbaai-vrou nie en as jy boonop haar goed blatant in haar eie huis joune probeer maak, gaan sy nie sommer net oorgee nie.
Hans en Alda Rowan van Perlemoenbaai het Sondagaand, 2 Julie om 21:20 rustig sit en TV kyk in die boonste verdieping van hulle dubbelverdiepinghuis.
Hul skoothondjie het tussen hulle op die rusbank gesit en Alda se kat was op haar skoot.
Alda het ‘n geskuifel gehoor en gesien haar kat is onrustig.
Met die opstaan gewaar sy ‘n vreemde man reg agter die rusbank waar hy op sy hurke skuil.
Die verdagte het regop gespring en hy en Alda het mekaar vir ‘n paar sekondes reguit in die oë gekyk.
Die man het vorentoe gehardloop, Alda se selfoon op die tafel gegryp en badkamer toe laat spaander.
Alda is agterna en toe hy deur die badkamervenster wou ontsnap, het sy hom aan die een been beetgekry en geklou vir al wat sy werd was.
Sy wou haar selfoon terughê en het dit baie duidelik gemaak.
Die volgende oomblik het die inbreker omgedraai en gesê: “Dé, hier's jou foon!”
Alda vertel dat sy op daardie oomblik van beide skok, woede en verdwasing selfs dankie gesê het daarvoor.
Sy kon in ‘n mate slaag om die skelm se vingers vas te slaan met die vensterraam, maar hy het ontvlug sonder om eers grond toe te val.
Buurtwag en bure
Johan Pieterse, die sameroeper van Perlemoenbaai SOS Buurtwag wat oppad terug was na sy huis toe na ‘n geselligheid elders, was vinnig op die toneel.
Die bure en ander helpers het dadelik op die noodroep gereageer en het die buurt gefynkam, maar die boosdoener het soos ‘n speld verdwyn.
Johan wil op hierdie wyse graag Gansbaai SAPD bedank vir hulle vinnige optrede. Hulle het met 3 voertuie opgedaag om te help soek.
Oop venster
Hans en Alda het eers die volgende dag agtergekom dat die inbreker eers in hulle slaapkamer was voordat hy agter die rusbank gaan skuil het.
Hans se selfoon en horlosie wat op die bedkassie langs hul bed was, was weg.
By nadere ondersoek blyk dit dat die inbreker ‘n drom gebruik het en teen die afvoerpyp opgeklim het na die eerste verdieping, waar hy by die badkamervenster wat oopgestaan het, ingeklim het.
Alda het hom beskryf as ‘n kleingeboude man van om en by 20 jarige ouderdom.
Nog ‘n venster-geval
‘n Man van Kleinbaai was ook ‘n slagoffer van ‘n “vensterdief” toe hy teen slaaptyd agter gekom het daar was iemand in sy slaapkamer, terwyl hy in die vertrek langsaan televisie gekyk het.
Banie van den Berg was vroeër die aand in sy badkamer en het die venster oopgelos vir vars lug.
Hy vertel dat hy nie eers lank daarna kamer toe is nie en moes agterkom dat sy selfoon en sigarette gesteel is.
Die polisie en buurtwaglede was gou op die toneel, maar die skelm het tussen die donker bosse verdwyn.
Verduur maar die ongerief
Die belangrikste boodskap wat Gansbaai se plaaslike buurtwagte en die Gansbaai SAPD uitstuur is: Verduur eerder die ongerief, maar hou vensters toe, sluit deure en veiligheidsdeure, sluit motorhuisdeure en maak selfs gordyne toe sodat ‘loerders’ nie kan insien wanneer die son sak en ligte aangeskakel word nie.
Mense ontspan in hulle huise voor die TV of om die braaivleisvuur en skelms gebruik die geleentheid om hulself te help.
Beide buurtwagte en die SAPD versoek inwoners om hul betrokke buurtwaglede en/of whatsapp-groep, asook die polisie te skakel in geval van nood.
“Onthou dat baie oë, hande en voete nodig is om hierdie euwel in die gmeenskap te beveg. Sluit dus by jou plaaslike buurtwag aan en registreer as ‘n whatsapp-lid,” versoek Johan.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...