Toeriste seksueel bedreig

Toeriste seksueel bedreig

Gansbaai Courant

‘n Duitse  toeriste-egpaar het verlede Woensdagmiddag om 2nm ‘n nagmerrie-ondervinding gehad toe hulle deur ‘n mesdraende man voorgekeer en bedreig is. Die man en sy vrou was onderkant Steynstraat op die kuswandelpad naby Skulpiesbaai toe die man hulle voorgekeer het. Hy het die vrou (40) beveel om haar broek uit te trek terwyl hy homself ontbloot en betas het. Die man het om hulp geroep en hy en sy vrou het weggehardloop. Die polisie is in kennis gestel en ‘n beskrywing van die aanvaller is gegee. Spr Sers Leon Crafford het vinnig gereageer en die verdagte, Ricardo (alias Bozo) Hendricks (31) van Blompark is binne 10 minute na die aanval naby die R43 op ‘n oop stuk veld by Clydestraat aangekeer. Die mes is in sy besit gevind en hy is positief geïdentifiseer.                                    
Francois de Jongh

Toeriste seksueel bedreig

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant